YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 JohannesSample

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

DAY 1 OF 29

[IMAGE CONTENT] Welkom by ons studie van 1, 2 en 3 Johannes. Ons is dankbaar dat jy by ons aangesluit het vir hierdie studie, en dit is ons gebed dat hierdie studie jou verhouding met ons Hemelse Vader sal versterk en jou geestelik sal laat groei. Hier by Love God Greatly Afrikaans gebruik ons die SOAP metode vir ons Bybelstudies. Die SOAP metode maak dit vir jou moontlik om dieper te delf in die verse en meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te S.O.A.P. en vir jouself te sien hoeveel meer jy sal kry uit jou daaglikse stiltetyd. Wat beteken S.O.A.P.? S – Die S staan vir Scripture- jy skryf die teksverse neer…. jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou sal openbaar in Sy woord deur net die tyd te neem om die verse neer te skryf! O – Die O staan vir Observation- wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit? A – Die A staan vir Application- dit is wanneer God se Woord persoonlik word. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het, toepas in my eie lewe? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek maak? P – Die P staan vir Prayer. Bid God se Woord terug na Hom. As Hy iets aan jou geopenbaar het gedurende hierdie tyd in Sy Woord, bid daaroor. Bely as Hy vir jou gewys het op sonde in jou lewe. Inleiding: "Wees lief vir mekaar." Die apostel Johannes gee dertien keer in sy briewe aan sy lesers opdrag om mekaar lief te hê. Johannes het verduidelik waarom dit so belangrik is om ander lief te hê: dit beeld ons geloof in Jesus uit aan die wêreld, dit is 'n daad van gehoorsaamheid teenoor God, en dit bring vreugde vir onsself en vir ander. Hierdie drie briewe is ongeveer tweeduisend jaar gelede geskryf deur 'n man wat saam met Jesus gewandel, gesels, gelag en gehuil het. Die boodskap van Johannes is vandag steeds vir ons van toepassing, omdat dit ons leer hoe om te lewe soos Jesus geleef het, hoe om lief te hê soos Jesus liefgehad het, en hoe ons vreugde in Hom volkome gemaak sal word. Dit word algemeen aanvaar dat die briewe 1, 2 en 3 Johannes geskryf is deur die geliefde apostel, wat ook die evangelie van Johannes en die boek Openbaring geskryf het. Nadat Paulus en Petrus as martelare gesterf het in ongeveer 67 nC, het Johannes verhuis na Efese waar hy hierdie briewe geskryf het. Baie geleerdes dateer die Johannes-evangelie en sy drie briewe ‘n rukkie na die vernietiging van Jerusalem in 70 nC en voor die ballingskap van Johannes op die eiland Patmos in 95 nC. Hoewel die briewe met verskillende intensies en aan verskillende gehore geskryf is, dra elkeen van hierdie kort briewe 'n konsekwente tema: wees lief vir mekaar. Eerstens ondersoek Johannes die volkome Godheid en volkome menslikheid van Jesus Christus en die eenheid wat gelowiges kan geniet wanneer hulle die liefde van Christus deel. Tweedens bied Johannes bemoediging om getrou te wees aan die waarheid van wie Christus is en wat Hy vir ons gedoen het. Derdens herinner Johannes ons daaraan om Christus as die middelpunt van ons harte, gedagtes en missies te stel. In hierdie drie briewe vind ons aanmoediging om die gebooie van God te onderhou en in Hom te bly. Johannes het die diep verband tussen gehoorsaamheid en liefde ondersoek deur aan ons te toon hoe ons liefde vir God niks is sonder sy liefde vir ons nie. Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het (1 Johannes 4:19). Aangesien dit ons begeerte is om God groots lief te hê, kom ons bestudeer die woorde van Johannes wat ons instruksies en bemoediging gee om presies dit te doen.

Scripture

Day 2

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy