YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Romeine: Ervaar die Krag van Lewensveranderende GeloofSample

Romeine: Ervaar die Krag van Lewensveranderende Geloof

DAY 1 OF 7

Romeine 8 begin met ’n geseënde belofte wat ons diep in nederige dankbaarheid kan laat buig: “Daar is dan nou geen veroordeling vir hulle wat in Christus Jesus is nie.” Hierdie stelling behoort 'n groot troos vir jou siel te wees. Romeine 8 laat die lewe en die hoop deur ons are bruis as ons alles aanskou wat aan ons behoort, omdat die Gees van God in ons woon. Romeine 8 laat trane van blydskap oor ’n stralende gesig vloei met die belofte dat niks ons van God se liefde kan skei nie, omdat hy vir ons is, Christus vir ons intree en die Gees ons versterk om in sekerheid uit te roep: “Abba, Vader! Die volgende leesplan is aangepas uit die vierde week van ons Nuwe Induktiewe Studiereeks: [ Romeine: Ervaar die Krag van Lewensveranderende Geloof ](https://shop.precept.org.za/product/die-heilige-gees-vrygestel-jou/ ) . Op dag 7 is daar vrae wat dit moontlik maak om hierdie leesplan as persoonlike- of groepstudie te gebruik. Voordat jy begin , kniel voor God die Vader en vra Hom, om deur sy Gees, sy belofte dat Hy jou in alle waarheid sal lei, te vervul (Johannes 16:3), terwyl jy hierdie hoofstuk van onskatbare waarde bestudeer. Maak seker dat jou hart reg is voor God, dat jou sondes bely is, dat jy in die lig wandel en dat jy ’n leerbare gees voor die Here het. Onthou, wanneer jy ophou om leerbaar te wees, kom jou geestelike groei tot stilstand. Ons almal moet groei! Lees nou Romeine 8:1-27 en let op na elke verwysing na die Gees. Maak ‘n nuwe nota in die Bybeltoep oop en maak ‘n lys wat na jou mening krities is om Romeine 8 te verstaan. (Jy kan gebruik maak van die nota-funksie deur om op ‘n teksvers te klik, of jy kan al jou aantekeninge in ‘n notaboek maak.)

Scripture

Day 2

About this Plan

Romeine: Ervaar die Krag van Lewensveranderende Geloof

Die slegte nuus: Jy sal nie vanself daartoe in staat wees om te kwalifiseer om deel van God se familie te wees nie. Die goeie nuus: God is lief vir jou en het 'n weg berei om jou sonde te vergewe, jou deel van God se fam...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy