YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Jy kán God vertrou deur Nina Smit Sample

Jy kán God vertrou deur Nina Smit

DAY 5 OF 5

Vertrou tot aan die einde Twee van die redes waarom God se volk so maklik van Hom weggedwaal het, was hul sonde en hul gebrek aan vertroue in Hom. Nadat hulle weg is uit Egipte het hulle sy geduld in so ’n mate beproef dat hulle op die ou end 40 jaar lank in die woestyn rondgeswerf het as straf vir hul ongehoorsaamheid. Eers toe al die ongelowige Israeliete dood was, is hul kinders toegelaat om die Beloofde Land binne te gaan. Sonde het die manier om ons vertroue in God te kelder. Die Boodskap se vertaling van Hebreërs 3:12 is vir my pragtig: “Maak seker dat daar nie iemand onder julle is wat so in die sonde baljaar dat hy die pad na die lewende God byster raak omdat hy God nie meer vertrou nie.” Hoe lyk jou eie vertroue in God? Vertrou jy Hom onvoorwaardelik, ook op daardie tye dat jy nie die waarmaking van sy beloftes in jou lewe kan sien nie? Dit is God se wil dat jy sal vashou aan Hom, tot aan die einde. Dan kan jy Jesus se belofte in Matteus 24:13 (NLV) vir jou rekening neem: “elkeen wat enduit volhard, sal verlos word.” Aan die vooraand van Jesus se kruisiging moedig Hy sy dissipels aan om op God te bly vertrou. Hy voeg by dat hulle ook ten volle op Hom moet vertrou, omdat hulle weet dat Hy die pad na die hemel vir hulle moontlik maak. ’n Rukkie later beloof Jesus ook dat as ons Hom liefhet, die Vader ons sal liefhê. Ons sal na Hom toe kom en by Hom tuisgaan (sien Johannes 14:23). Dit bly vir my een van die ongelooflikste beloftes in die Bybel dat God by sy kinders tuisgaan. Verheug hierdie Paasfees in die vreugde om Hom te ken! Gebed Here, vergewe my asseblief al die kere in die verlede wat ek aan U ontrou was. Ek bid dat U my van nou af self sal help om tot aan die bitter einde op U te vertrou. Amen.
Day 4

About this Plan

Jy kán God vertrou deur Nina Smit

Neem ’n paar oomblikke aan die begin of einde van jou dag om jou hart stil te maak en weer jou verhouding met God te versterk. Gebaseer op “Jy kán God vertrou” deur Nina Smit, gee die geliefde skrywer lesers aanmoediging...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy