OpgestaanSample

Lees: Romeine 8:18-25; Job 19:25
SOAP: Romeine 8:18
Die wonder van die opstanding van Christus lê in die hoop wat dit aan ons lewens bring. Op dieselfde manier wat Christus aan die kruis gely het, ondergaaan ons lyding in ons lewens hier op aarde. Op dieselfde wyse wat die glorie van Christus se opstanding nie kan vergelyk met die lyding wat Hy aan die kruis verduur het nie, kan die glorie wat ons in die opstanding sal ervaar nie vergelyk met die lyding wat ons ervaar nie.
Dit is dikwels moeilik om te begryp wat gaan kom, veral wanneer ons beproewing en pyn in ons lewens ervaar, maar ons kan vashou aan die hoop wat ons in Christus het. Selfs op ons beste dag, kan die goedheid wat ons op aarde teëkom en ervaar nie vergelyk met die glorie wat openbaar sal word wanneer Christus terugkeer nie.
Ons Verlosser leef en Hy kom weer. Ons kan in hierdie hoop rus, wetende dat ons nie alleen is wanneer ons lyding ervaar nie; selfs die skepping verduur en wag vir Christus se wederkoms. Ons hoop in Christus is wat ons dra en ons gedagtes dag na dag vernuwe.
Here Jesus, ek wag met verwagtig op U wederkoms. Help my om vandag te glo dat die lyding en pyn wat ek ervaar nie kan vergelyk met die glorie wat gaan kom nie. Help my om sterk in my geloof te bly terwyl ek gretig wag vir U wederkoms. Amen.
Scripture
About this Plan

Hy het opgestaan! Hy het regtig opgestaan! Hierdie studie delf diep in die opstanding van Jesus en ondersoek die maniere waarop die grootste wonderwerk die geskiedenis verander het, die mensdom verander het en ons verander. Die opstanding verander ons fisies, geestelik, wettiglik, verstandelik, sosiaal en vir ewig en ons sien daarna uit om elkeen van hierdie in diepte te bestudeer.
More
Related Plans

Legacy Lessons W/Vance K. Jackson

Awakening Faith: Hope From the Global Church

Game Changers: Devotions for Families Who Play Different (Age 8-12)

24 Days to Reflect on God's Heart for Redemption

God's Book: An Honest Look at the Bible's Toughest Topics

30 Powerful Prayers for Your Child Every Day This School Year

Protocols, Postures and Power of Thanksgiving

Sharing Your Faith in the Workplace

Rebuilt Faith
