OpgestaanSample

Lees: Matteus 26:57-75; Romeine 6:4-11
SOAP: Romeine 6:8-11
Lasarus, wie Jesus uit die dood uit opgewek het tydens sy aardse bediening (Johannes 11), het uiteindelik gesterf. Lasarus se opstanding was nie 'n geestelike opstanding nie, maar 'n opstanding van sy aardse liggaam. Die opstanding van Christus en die opstanding waarna ons uitsien, is 'n ander tipe opstanding. Anders as Lasarus, sal Jesus nooit weer sterf nie.
Die dood van ons sondige natuur deur die dood van Christus, beteken dat die dood nie meer mag oor ons het nie. Sy dood het die krag van sonde en dood verwoes. Op dieselfde wyse bring sy opstanding vir ons lewe. Ons het lewe in God as gevolg van ons nuwe geestelike toestand. Ons is dood vir sonde, maar lewend in God. Selfs nou ervaar ons beide die dood van sonde en die lewe van opstanding.
Ons sal die opstanding van Christus ervaar na Christus se wederkoms. Hierdie opstanding sal in ons hemelse liggame wees, nie ons aardse liggame nie. Lasarus (en 'n handjievol ander mense), het die opstanding van hulle aardse liggame ervaar, maar as gelowiges in Christus sal ons almal die opstanding van Christus in ons hemelse liggame ervaar.
Jesus, dankie dat U gesterf het sodat sonde en dood nie meer mag oor my het nie. Dankie vir u opstanding en u lewe wat my toelaat om vir U te leef. Help my om te onthou dat ek nie dood in my sonde is nie, maar dat ek lewend is in U. Amen.
Scripture
About this Plan

Hy het opgestaan! Hy het regtig opgestaan! Hierdie studie delf diep in die opstanding van Jesus en ondersoek die maniere waarop die grootste wonderwerk die geskiedenis verander het, die mensdom verander het en ons verander. Die opstanding verander ons fisies, geestelik, wettiglik, verstandelik, sosiaal en vir ewig en ons sien daarna uit om elkeen van hierdie in diepte te bestudeer.
More
Related Plans

Hey Girl! You Are Seen, Loved, and Made for More: A 5-Day Plan by Anne Wilson

Keep Standing: When the Weight Feels Heavy

Reset and Recenter: A Christian's Guide to Faith and Technology

Prayer

30 Scripture Based Prayers for Your Marriage

Believing Without Seeing

Friendship With Jesus

Run With Endurance: Faith and Perseverance for Everyone

A Heart Prepared for Thanksgiving
