YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Soos ’n veldbom deur Struik Christian MediaSample

Soos ’n veldbom deur Struik Christian Media

DAY 4 OF 5

Jy is mooi! Die woord “goed” in die bogenoemde Bybelvers kan ook vertaal word met “mooi”. God het na sy skepping en na jou gekyk nadat Hy dit geskep het en gesê: "Dit is mooi!" Jy is mooi, want jy dra God se handtekening. ’n Skildery se waarde lê nie in die hoeveelheid verf wat op die skilderdoek gebruik is nie, die waarde lê ook nie in die raam of in die soort doek waarop daar geskilder is nie. Nee, ’n skildery se waarde lê in die handtekening daarop, met ander woorde wie dit geskilder het. Jy is waardevol en mooi, omdat God jou gemaak het! Jy is sy kunswerk. Jy voel dalk nie bekwaam, waardevol of mooi nie, maar jy is ’n kind van God en daarom is jy kosbaar! Baie mense, veral vroue, is dikwels baie krities oor hulself, en sien net hul tekortkominge raak. Dit laat hul in ’n donker gat van minderwaardigheid sink. Vra God om jou te help om jouself te aanvaar en lief te hê. Herinner jouself gereeld aan die wonderlike feit dat jy sy kind is. God het sy asem in die mens geblaas, daarom bestaan daar ’n besondere band tussen ons en God. Ons is geskep om gebonde aan God te leef. Daar is niks wat jou meer geborge en veilig sal laat voel as dié wete nie. Sy lewensasem is in jou, jy het sy DNS. Ons is kosbaar omdat ons in ’n verhouding met God staan! Raak vir ’n paar minute rustig nadat jy die dagstukkie gelees het. Asem diep in en uit. Raak bewus van die feit dat jou lewensasem van God kom, dat Hy nou by jou is en dat Hy vir jou die krag en energie sal gee om vandag voluit te leef. Gebed Hemelse Vader, dankie dat U my mooi en kunstig aanmekaar geweef het. Dankie dat my waarde nie van myself afhang nie, maar van hoe goed en wonderlik U is. Amen. Jy is God se kunswerk! Jy is kosbaar vir God. Hy het jou oneindig lief!

Scripture

Day 3Day 5

About this Plan

Soos ’n veldbom deur Struik Christian Media

Hierdie dagstukkies sal vroue aanmoedig om hul identiteit en waarde in Christus te verstaan en te ontdek, en sal hulle help om die struikelblokke in hul pad wat hulle terughou, te oorkom. Elke dag se oordenking bevat ook...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy