YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Soos ’n veldbom deur Struik Christian MediaSample

Soos ’n veldbom deur Struik Christian Media

DAY 1 OF 5

Nie net ’n mooi gesiggie nie God word nooit deur jou verlede afgeskrik nie. Ester se ouers het gesterf en sy is deur haar neef Mordegai grootgemaak. Hierdie pragtige, jong vrou kon nie geweet het van die toekoms wat God vir haar bestem het nie. Hy het egter haar gehoorsaamheid vereis. Ester het nie die ingesteldheid van ’n weeskind gehad nie – sy het nie verlate, alleen en verworpe gevoel nie. In plaas daarvan was sy ’n vrymoedige, dapper en doelgerigte vrou. Sy het haar onderwerp aan haar neef en die hoof van die koning se harem en dit het haar geskik gemaak om voor die koning te verskyn. Wanneer jy Ester se lewensverhaal lees, word haar eienskappe van wysheid, nederigheid en gehoorsaamheid die bron waaruit haar toekoms sou ontstaan. Deur haar te onderwerp aan die voorbereidings vir haar hemelse opdrag het sy haar in die posisie geplaas waar sy moes wees. Waarvoor behoort jy ja te sê op ’n tyd soos die een waarin God jou geplaas het? Ester het ’n skoonheidswedstryd gewen, en ons kan dus besluit sy was net ’n mooi meisie. Maar Ester was wys en geduldig. Sy het ’n oudiënsie met die koning beplan, en dit is deur haar grasieuse benadering tot die dreigende onheil dat sy die vyand se plan kon dwarsboom en waardig geag is om haar volk te red. Dit is ’n dubbele uitdaging: Moenie onderskat wat jy in staat is om te bereik nie, en bid en tree wys op wanneer jy die stryd aanknoop, omdat God jou altyd die regte strategie sal gee. Gebed Wys my wat my doel is, Here. Ek wil “ja” sê vir alles wat U vir my beplan het. Amen. God het ’n plan en ’n doel vir jou lewe. Al wat jy moet doen is om Hom daarna te vra en bereid te wees om te luister.
Day 2

About this Plan

Soos ’n veldbom deur Struik Christian Media

Hierdie dagstukkies sal vroue aanmoedig om hul identiteit en waarde in Christus te verstaan en te ontdek, en sal hulle help om die struikelblokke in hul pad wat hulle terughou, te oorkom. Elke dag se oordenking bevat ook...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy