YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Leef! Een dag op ’n keer deur Trevor HudsonSample

Leef! Een dag op ’n keer deur Trevor Hudson

DAY 5 OF 5

Die Goddelike Belofte Dit was nie maklik om hierdie dagstukkies te skryf nie, want ek weet dat party van julle ondraaglike swaarkry deurmaak. Ek weet egter ook, uit die getuienisse van baie dapper mense om my, dat ons God se teenwoordigheid in ons diepste pyn kan ervaar. Wanneer dit gebeur, kan ons klein treetjies gee na die aanvaarding van ons lyding, as die pad na vrede. Elkeen van daardie treetjies is soos ’n kersie wat in die donker skyn. Dit neem nie die donkerte weg nie, maar lei ons daar deur, al met die pad van vrede langs. Dit is die getuienis van mede-pelgrims wat ons die moed gee om die werklikheid van God se teenwoordigheid in ons swaarkry te bevestig. Ons kan vir onsself sê: “Hierdie pynlike situasie waarin ek is, is presies waar God my wil ontmoet en seën.” Hierdie eenvoudige geloofstelling help ons om ons moeilike situasie te sien as ’n geleentheid waar God se goedheid, liefde en almag vir ons ’n groter werklikheid kan word. Moet nooit Jesus se belofte vergeet nie. Hy het gesê: “Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie” (Heb. 13:5, NLV). Dit staan vas. In die gedeelte van die Gebed Vir Kalmte , vra die bidder vir die vertroue dat God se wil in alles sal geskied. In Romeine 8:28 gee Paulus ook die versekering dat God alles ten goede laat meewerk vir die mense wat Hom liefhet. God neem alles wat in ons lewe gebeur en gebruik dit een of ander tyd, op een of ander manier, ten goede. En selfs wanneer ons pynlike dinge soos ’n egskeiding, aflegging, die beperkings van ouderdom, die dood van ’n geliefde of ’n verskriklike sonde vir God gee, kan Hy dit in iets goed en mooi omskep. Op die pad na innerlike vrede Sê die volgende woorde stadig en nadenkend vir jouself: “Hierdie pynlike situasie waarin ek is, is presies waar God my wil ontmoet en seën.”
Day 4

About this Plan

Leef! Een dag op ’n keer deur Trevor Hudson

Die dagstukkies in hierdie 5-dag-leesplan is geskryf uit ’n plek van persoonlike soeke en ontdekking, en sal jou help om ’n rustiger en betekenisvolle lewe te vind. Elke dag se teks sluit ’n Bybelvers, ’n oordenking, en ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy