YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Leef! Een dag op ’n keer deur Trevor HudsonSample

Leef! Een dag op ’n keer deur Trevor Hudson

DAY 3 OF 5

Begin en einde van die dag Die manier waarop die dag begin en eindig, was belangrik vir die psalmdigter. Ons gewoontes wanneer ons gaan slaap en wakker word, omraam immers ons daaglikse doen en late. Wanneer ek dus bid vir die krag om te verander wat ek kan, moet ek dink aan die manier waarop ek gaan slaap en wakker word. As ons die psalmdigter se voorbeeld volg en aandag skenk aan hierdie oomblikke in die dag, kan ons ook, net soos hy, leer hoe om rustig te slaap. As ons ons aandag vestig op God wanneer ons gaan slaap en opstaan, word ons hart stil en ons liggaam verfris. Ek deel graag wat ek besig is om daaroor te leer. Voordat ek gaan slaap, plaas ek my lewe met al sy vreugdes en stryd doelbewus in God se hande. Saam met my innerlike oorgawe bid ek ’n baie kort gebed oor iets wat op my hart is. (Die afgelope agt jaar twiet ek my aandgebed byna daagliks.) As ek wakker word, doen ek drie dinge voordat ek opstaan. Ek ontvang die dag as ’n gawe, dank God vir sy vriendskap en vra sy krag om die dag met oorgawe te leef. As ek nie by hierdie eenvoudige gewoontes hou nie, wil my dag dikwels net nie goed uitwerk nie. Ek hoop my woorde het jou aangemoedig om te dink aan maniere waarop jy ook aan die begin en einde van die dag op God kan fokus. Op die pad na innerlike vrede Fokus op God net voordat jy vanaand gaan slaap, op ’n manier wat vir jou sin maak. As jy môreoggend wakker word, moet jy weer aan ’n manier dink om bewus te word van God se teenwoordigheid nog voordat jy uit die bed uitklim.

Scripture

Day 2Day 4

About this Plan

Leef! Een dag op ’n keer deur Trevor Hudson

Die dagstukkies in hierdie 5-dag-leesplan is geskryf uit ’n plek van persoonlike soeke en ontdekking, en sal jou help om ’n rustiger en betekenisvolle lewe te vind. Elke dag se teks sluit ’n Bybelvers, ’n oordenking, en ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy