YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Bruistablette vir die leweSample

Bruistablette vir die lewe

DAY 7 OF 7

# Herinneringe Herinneringe is die innerlike foto’s wat jy kies om saam met jou die toekoms in te neem en in jou hart te bewaar. Party foto’s wat ons koester, is mooi. Dit vertel van goeie tye met goeie vriende en dierbare familie. Dit getuig van oorwinnings en seën. Ander is minder mooi en vertroebel jou gemoed wanneer jy daaraan dink. Die grys in-betweens stoor ons om die een of ander rede nie in ons harte nie. Maak seker watter herinneringe jy kies om te vergroot, te raam en in jou hart se stoorkamer op te hang. Laat dit jou innerlik bruis? Of het dit die uitwerking van geestelike arseen? Ek het baie jare lank swaar aan donker herinneringe in my hart gedra. Vandag, deur die Here se genade, raak ek vinnig ontslae van emosionele rommel wat my wil vergiftig. Ek het geleer ’n lewensalbum met vergrotings van negatiewe foto’s is nie nuttig op my lewenspad nie. Dit dien nie ’n goeie doel nie. Dit beroof my van my sprankel. Vandag is die herinneringe wat ek in my hart saamdra baie ligter as ’n paar jaar gelede. Die woede, bitterheid en pyn is vervang deur die Here se genade, liefde en deernis. Bekyk ’n slag jou hart se inhoud goed. Maak seker die herinneringe wat jy gereeld uithaal en na kyk, is bruistablette vir jou gees – en nie gifpille wat jou pad na ’n mooi toekoms sal versper nie. Want dit wat jy in jou hart saamneem, bepaal jou belewenis van jou reis. > Bruisgebed vir geluk: Help my, Here, om die mooi herinneringe te vergroot en te raam en die res te laat gaan.

Scripture

Day 6

About this Plan

Bruistablette vir die lewe

In hierdie praktiese, toeganklike en lekkerlees-dagstukkies is daar elke dag ’n nuwe bruistablet om in afsondering te lees, te absorbeer en toe te pas in jou lewe – om jou innerlik te versterk as mens. Dit is ’n reis na ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy