Bruistablette vir die leweSample

Leerbaarheid
Wat my opval tydens my reis deur die lewe, is hoe opgepof en alwetend mense soms kan wees. Hulle weet alles oor braaivleis, politiek, rugby, musiek, maar veral oor geloofskwessies. Hierdie alwetendheid veroorsaak hewige konflik, rusie en skeuring in gemeenskappe, kerke en tussen medegelowiges.
Soms verskeur alwetende mense mekaar soos ’n trop wildehonde, sommer oor beuselagtighede. En elkeen wat “alwetend” is, glo hy of sy is reg en verdedig sy of haar siening met skuim om die mond. Meestal vind hierdie gesprekke totaal sonder die Here se liefde en sagmoedigheid plaas, met slegs ’n koppige en ekkerige karperd voor elke wa.
’n Alwetende gesindheid kan gevaarlik en selfs misleidend wees. Sulke mense kan maklik die pot van genade mis sit. Ek sien gereeld hoe alwetende mense twis oor God se Woord en dit aanhaal asof hulle geestelike tennis teen mekaar speel. Hierdie mededingende geestelike aanslag kan vermink en verwond en verskeur. Dit kan lei tot geestelike hoogmoed, veroordeling, hartsverset – die teenoorgestelde van Jesus se voorbeeld van liefde en genade.
Ek neem nie deel aan die kampioenskap van die alwetendes nie. Ek glo net God is alwetend. Hy is die alwetende, allesomvattende en almagtige God. Hy ken ten volle. Die mens, met ons blindekolle en stowwerige lense en gebrekkige insig, ken slegs ten dele.
Op my knieë in nederigheid voor Hom, as ’n feilbare mens, ’n gebreekte skulpie, ’n nederige nie-alwetende leerder, kry ek die bruistablet wat my gees laat sing.
Bruisgebed vir geestelike groei: Here, ek lê my alwetendheid neer en kies om leerbaar en ’n ewige student van U, die Leermeester, te bly.
Scripture
About this Plan

In hierdie praktiese, toeganklike en lekkerlees-dagstukkies is daar elke dag ’n nuwe bruistablet om in afsondering te lees, te absorbeer en toe te pas in jou lewe – om jou innerlik te versterk as mens. Dit is ’n reis na groter egtheid en verdieping as kinders van die Here sodat jy (en ek) meer kan bruis en minder kan brul te midde van ons realiteit en probleme.
More
Related Plans

Discover God’s Will for Your Life

Slaying Giants Before They Grow

Ruth: A Story of Choices

Time Reset for Christian Moms

Film + Faith - Parents, Family and Marriage

Finding Strength in Stillness

Collide

EquipHer Vol. 24: "Who’s Economy Are You Working For?"

Conversation Starters - Film + Faith - Forgiveness, Mentors, Tornadoes & More
