YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Nader aan God met Kersfees deur Trevor Hudson Sample

Nader aan God met Kersfees deur Trevor Hudson

DAY 4 OF 5

Geheime vrygewigheid In sy onderrig oor vrygewigheid, het Jesus vir sy volgelinge gesê wanneer hulle dié in nood help: “moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, sodat jou goeie daad verborge kan bly” (Matteus 6:3-4, AFR83). Hierdie woorde skep die indruk dat Jesus ons wou leer om ander te help sonder om dit aan die groot klok te hang. Party mense noem dit die “dissipline van geheimhouding”. Sonder om bedrieglik te wees, weerhou ons ons doelbewus daarvan om ons goeie dade aan ander uit te basuin. Die vraag is: Waarom sou dit so belangrik in ons wandel met God wees? Dallas Willard, een van my mentors in die geloof, was vas oortuig dat hierdie praktyk, meer as enigiets anders, ons wandel met God stabiliseer. Ons doen vrygewige dade in die geheim, bloot omdat ons God en ander om ons wil liefhê. Ons kort ons begeerte in om goed te lyk, raakgesien en bewonder te word. Ons wil bloot die soort Christus-volgelinge wees uit wie se harte goeie dade natuurlik vloei. Wil jy graag so wees? Oefening vir die dag Dink vandag tydens jou stiltetyd aan een geheime daad van diens wat jy in die volgende twaalf uur wil doen. Dit kan wees om na ’n kollega te luister, of ’n spesiale dis vir die bure te maak, of ’n anonieme geskenk vir iemand te gee omdat jy weet hulle worstel met iets. Die moontlikhede is eindeloos. Die sleutel is egter om te dien sonder om met iemand daaroor te praat. Dit is waarskynlik dat iemand sal sien wat jy doen en ’n opmerking daaroor maak. Wanneer dit gebeur, kan jy so reageer: “Dit is net iets wat ek graag wil doen.”
Day 3Day 5

About this Plan

Nader aan God met Kersfees deur Trevor Hudson

Met Kersfeestyd is dit maklik om in materialisme weggevoer te word soos buitensporige geskenke en uitspattige etes. In hierdie 5-dagleesplan herinner Trevor Hudson lesers om hul lewens aan God te wy en op Hom te fokus. E...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy