YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Nader aan God met Kersfees deur Trevor Hudson Sample

Nader aan God met Kersfees deur Trevor Hudson

DAY 1 OF 5

Leë plaasvervangers Ons probeer dikwels ons verlange na God met plaasvervangers stil. Hierdie plaasvervangers wissel van ’n uitermatige drankgebruik (veral met Kerstyd), om ons te ooreet, die strewe na sukses, om geld te maak of kompulsiewe werkgewoontes tot voortdurende godsdienstige aktiwiteite – die lys is eindeloos. Daar is niks verkeerd met hierdie aktiwiteite wanneer elkeen sy gepaste plek in ons lewe inneem nie. Wanneer dit egter ons lewens oorneem, beland ons in ’n leë plek. Hierdie dinge kan doodeenvoudig nie daardie ewige verlangens vervul wat God in ons harte geplaas het nie. Ons kan dus sien dat dit noodsaaklik raak om te onderskei of ons ons verlange na God vervang het met leë plaasvervangers. ’n Doeltreffende manier om dit te doen is om hierdie Desember ’n slag eerlik te gaan sit en nadink oor ons hunkeringe en begeertes. Is daar enigiets waaraan ons verknog geraak het? Watter dinge in ons lewens het gedwonge geword en veroorsaak dat ons ons persoonlike vryheid verloor het? Wat beïnvloed ons gemoed en welsyn die meeste? Ons antwoorde op hierdie vrae kan ons ’n aanduiding gee van watter leë plaasvervangers ons beroof van ’n lewe nader aan God. Oefening vir die dag Vra vandag vir die Here tydens jou stiltetyd om aan jou te openbaar hoe jy probeer om jou verlange na Hom met minderwaardige plaasvervangers te stil. Gun jouself ’n rukkie se stilte. Praat met die Here oor enigiets wat in jou gedagtes opkom. Luister na wat die Here vir jou sê. Onthou altyd, hoe beter ons daartoe in staat is om leë plaasvervangers te herken, hoe beter sal ons met ons diepste verlangens in aanraking kan kom.
Day 2

About this Plan

Nader aan God met Kersfees deur Trevor Hudson

Met Kersfeestyd is dit maklik om in materialisme weggevoer te word soos buitensporige geskenke en uitspattige etes. In hierdie 5-dagleesplan herinner Trevor Hudson lesers om hul lewens aan God te wy en op Hom te fokus. E...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy