Die Pasgafees, Ongesuurde Brode en EerstelingsgerfSample

DIE PASGAFEES, DIE ONGESUURDE BRODE EN DIE EERSTELINGSGERF
Kom ons ondersoek die eerste van die drie heilige samekomste of feeste wat Israeliete in elke kalenderjaar tot eer van die Here moes onderhou. Die drie byeenkomste was in die eerste, derde en sewende maande gehou.
- Die eerste: Pasga en die "fees van die ongesuurde brode" en die eerstelingsgerf (Levitikus 23:5-6; 10-14; Exodus 12:1-20 AFR53).
- Die tweede: Die "fees van die weke" (oesfees) – Pinkster (Levitikus 23:1; Exodus 23:16 AFR53).
- Die derde: Die fees van die trompetgeklank, die Versoendag en die insameling die "loofhuttefees" (Levitikus 23:23-43; Exodus 23:16 AFR53).
Alle Joodse mans moes die drie groot nasionale feesvieringe bywoon soos in Deuteronomium 16:14-17 voorgeskryf. Ons kyk nou vervolgens na die Pasga van die Here (Exodus 12:11).
Die eerste feesseisoen is die Paasfees. Die fees was inderwaarheid in drie feeste verdeel.
- Paasfees (Pasga) (Levitikus 23:5 AFR53). “In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van die Here.”
- Fees van die ongesuurde brode (Levitikus 23:6 AFR53). “En op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die Here; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet”.
- Fees van die eerstelinge (Levitikus 23:10 AFR53). “Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring”.
About this Plan

In hierdie leesplan ondersoek ons die eerste van drie heilige samekomste of feeste wat die Israeliete elke kalenderjaar ter ere van die Here moes onderhou.
More
Related Plans

Retirement: Top 5 Challenges in the First Years

The Fear of the Lord

Experiencing Blessing in Transition

Virtuous: A Devotional for Women

The Wonder of Grace | Devotional for Adults

Disciple: Live the Life God Has You Called To

No Pressure

Giant, It's Time for You to Come Down!

Finding Freedom: How God Leads From Rescue to Rest
