MigaSample

Lees: Miga 1:8-16; 2 Konings 17:14-23
SOAP: 2 Konings 17:20
Verdere leeswerk: 2 Konings 18-20
Samaria se sondes het oorgespoel na Juda. Ons sien hoe die profeet Miga oor sy land huil en ‘n lys maak van stede wat deur die Assiriërs verwoes is toe hulle in die jaar 701 die Noordelike Koninkryk in ballingskap geneem het. God het Jerusalem in daardie tyd van verwoesting gespaar, maar aangesien Juda Israel se afgodery nagevolg het, sou dit uiteindelik verwoes word.
2 Konings vertel vir ons dat Israel deur die Assiriërs ingeneem is omdat God baie kwaad was vir Israel. Ek hou van Warren Wiersbe se verduideliking waarom dit gebeur het: “Die tragedie van hierdie inval is dat dit glad nie nodig was dat dit moes gebeur het nie. As die mense van Israel en Juda maar in bekering en geloof na die Here gedraai het, sou Hy aan hulle die oorwinning gegee het. In plaas daarvan het hulle die valse profete geglo, vasgehou aan hulle afgode, en hulle tot in hulle nederlaag in gesondig. Dis so jammer dat selfs die klein kindertjies gely het en in ballingskap weggevoer is as gevolg van hulle ouers se sonde.” - Wiersbe, Warren - Be Concerned
Ons weet dat sonde gevolge het in ons lewe, maar soms ly ons gewilliglik hierdie gevolge in plaas van om ag te slaan op die Woord van God en dit te gehoorsaam. Dis tyd om dinge op die regte manier te doen.
Hemelse Vader, vergewe my vir al die kere wat ek maar net aangehou het om te sondig terwyl u stem vir my gesê het dat iets in my lewe verkeerd is. Help my om weg te draai van my sonde en u Woord te gehoorsaam. In die Naam van Jesus, amen.
Scripture
About this Plan

In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
More
Related Plans

Journey With Jesus: 3 Days of Spiritual Travel

Prayer Altars: Embracing the Priestly Call to Prayer

Come Holy Spirit

The Making of a Biblical Leader: 10 Principles for Leading Others Well

Here Am I: Send Me!

Journey Through Proverbs, Ecclesiastes & Job

Sickness Can Draw You and Others Closer to God, if You Let It – Here’s How

Live Like Devotional Series for Young People: Daniel

Journey Through Jeremiah & Lamentations
