MigaSample

Lees: Miga 7:8-13
SOAP: Miga 7:8-9
Miga het geweet dat hulle vyande nie vir ewig sal heers nie. Hy het God vertrou en geweet dat, ten spyte van die duisternis wat na hulle kant toe kom, hulle in die toekoms lig sou sien. God sou hulle lig wees. Juda sou beslis veg teen 'n magtige vyand. Maar wie is kragtiger as God?
Hierdie verse herinner my aan Psalm 27:1-3: "Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees? As misdadigers op my afstorm om my dood te maak, my teëstanders en my vyande, dan is dit juis húlle wat struikel en val. Al sou 'n leër teen my stelling inneem, sal ek nie bang word nie. Selfs al sou die aanval op my begin, sal ek nog steeds vertroue hê.”
Vir wie sal ons bang wees? Ons het 'n kragtige vyand wat gedurig wonder hoe hy ons kan vernietig. Hy is vol skelmstreke en gebruik dit op verskillende maniere teen ons. Maar die Satan is 'n verslane vyand. Sy wapens gaan nie teen ons heers nie. Die Here is ons lig en ons saligheid, ons sal nie vrees nie!
O Here, U verdedig my teen my aardse vyande, diegene wat kwaad doen teen my, en U verdedig my ook teen my geestelike vyand. Ek dank U omdat U die duisternis verlig. In die Naam van Jesus, amen.
Scripture
About this Plan

In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
More
Related Plans

The Good Enough Mom

National Week of Prayer Plan (Nwop), 2025

01 - LORD'S PRAYER: Meditations by W. Phillip Keller

Through the Word: Knowing God, Making Him Known

Technology & God - God in 60 Seconds

Parenting on Point

Faith Under Pressure: Stories From the Persecuted Church

Evangelize Everywhere: Work Edition

The Missing Half: Why Your Prayers Feel One-Sided and What to Do About It
