YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Die Phil Dooley 5-Dag Groei Uitdaging vir MansSample

Die Phil Dooley 5-Dag Groei Uitdaging vir Mans

DAY 5 OF 5

Die apostel Paulus is bekend aan ons almal. Sy lewe is soos ’n voor-en-na-foto wat ’n totale ommekeer verteenwoordig. God maak ’n voorbeeld van Paulus: "Dit is ’n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos," skryf Paulus aan Timoteus. "Van hulle is ek die grootste. Maar juis daarom was God my genadig sodat Christus Jesus aan my, as die grootste sondaar, al sy verdraagsaamheid sou betoon en ek ’n voorbeeld kon wees vir almal wat in die toekoms in Hom sou glo om die ewige lewe te verkry. (1 Timoteus 1: 15 – 16, Die Boodskap) Voor hy Jesus leer ken het, was Saul (sy Hebreeuse naam) vasbeslote om die vroeë kerk uit te wis. Maar op pad na Damaskus om nog gelowiges te gaan soek, ontmoet Saul die opgestane Jesus en leer ken hy God se liefde en genade. Wanneer Saul redding ontvang, verander alles vir hom. Dit wat vroeër so belangrik gelyk het – sy suiwer Joodse herkoms, sy uitstekende opvoeding – is niks in vergelyking daarmee om Jesus te ken en ’n persoonlike verhouding met Hom te kan hê nie. Soos hy die waarheid leer ken, stel Paulus DRIE doelwitte vir sy lewe: 1\. Om Jesus meer en meer te ken. Dit is ’n lewensveranderende doelwit vir enigiemand op enige tydstip. Die beste manier om enige verhouding te vestig, insluitend jou verhouding met God, is om tyd saam te bestee. Wanneer jy meer tyd saam met Jesus bestee, sal dit jou in der waarheid help om die res van jou tyd meer produktief te gebruik. Wanneer jy tyd saam met God deurbring – soos om ’n leesplan soos hierdie een te doen, deur jou Bybel te lees, met Hom te praat, te bid, ’n joernaal te hou, God te aanbid, kerk toe te gaan – maak jy ruimte vir die Heilige Gees om in jou lewe te werk. En die Here sal jou visie vergroot, jou koers bepaal en jou bring waar jy moet wees. 2\. Om soos Jesus te wees. Om soos Jesus te word is ’n doelwit van ons redding. En wie sal nie graag rotsvas soos Jesus wil wees nie? Wie sal nie meer liefde, vreugde, vrede, geduld en al die ander karaktereienskappe van Jesus wat die Heilige Gees in ons lewens bring, wil hê nie? Kyk hoe dit tot voordeel van Paulus werk. Niks ontstel hom nie. Hy het vreugde en vrede in die slegste moontlike omstandighede, soos toe hy en Silas kaal uitgetrek, geslaan en in die tronk gegooi is en hulle steeds God geprys het. Hoe meer jy oefen om ’n beter mens te wees – vinnig om te vergewe, nie gou kwaad te word nie, standvastig, getrou, vrygewig, ensovoorts – hoe meer sal jy uiteindelik daardie beter mens word . Hierdie soort Christelike volwassenheid is waarskynlik die mees onderskatte deel van ons geestelike karakter, wat ons waarlik vry kan maak en werklik die moeite werd is om in ons lewens te kweek. 3\. Om alles te bereik wat God wil hê hy moet doen. En dit is ’n baie moeilike opdrag. Maar Paulus gebruik God se genade om dit te bereik. Genade is God se onverdiende guns. Dit is ook die volhoubare krag van die Heilige Gees wat aan ons beskikbaar is en ons in staat stel om God se werk te doen. Basies dek God se genade die gedeelte tussen wat ons kan doen (in ons eie krag) en wat Hy vir ons beplan het om te doen volgens sy ongelooflike plan vir ons lewens. Wat sal Paulus dus vir ons sê as hy vandag hier was? Dalk sou hy gesê het: "Jy het dalk nie goed begin in jou lewe nie, maar jy kan sterk eindig. Jesus het ’n baie groter plan vir jou lewe as enige ander planne wat jy ooit op jou eie kon bereik. Leef ’n lewe wat ’n erfenis nalaat. Veg die goeie stryd. Maak die wedloop klaar. Behou die geloof."
Day 4

About this Plan

Die Phil Dooley 5-Dag Groei Uitdaging vir Mans

Daar is soveel meer aan manwees verbonde as wat die wêreld ons wil laat glo. In hierdie groei-uitdaging gaan ons kyk na die lewens van ses Bybelse helde en een anti-held. Ons beleef vandag presies dieselfde uitdagings as...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy