YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Die Phil Dooley 5-Dag Groei Uitdaging vir MansSample

Die Phil Dooley 5-Dag Groei Uitdaging vir Mans

DAY 1 OF 5

Die Ou Testamentiese profeet Habakuk leef in bose tye. Juda is in chaos en die Babiloniërs (wat reeds Egipte en Assirië verslaan het) is by die poorte. Desperaat en gefrustreerd gaan Habakuk reguit na God toe met sy woede en frustrasie: "Here, hoe lank moet ek nog bly roep dat U moet help? Dit klink nie of U hoor nie. Ek kla by U omdat mense ons aanrand en doodmaak, maar U red ons nie. Hoekom laat U my hierdie verkeerde dinge sien? Hoekom verdra U dit dat mense swaarkry? Waar ek ook al kyk, lê dinge verwoes. Dit is ’n wêreld vol geweld. Oral stry en baklei mense. Mense steur hulle nie aan die wet nie. Die howe sorg nie dat wat reg is die wenner is nie." (Habakuk 1: 1 – 4, Die Boodskap) Hier is die waarheid: God kan dit hanteer wanneer ons stoom afblaas. Solank ons dit in Sy teenwoordigheid doen, soos Habakuk dit hier doen. Wanneer Jesus sê, "Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, …" verwag Hy nie ’n spul mense wat geheel en al kalm en in beheer is en hul sinne begin met "Liewe Jesus, …" nie. Luister na Habakuk: "Waarom luister jy nie, Here?! Wat doen jy?!" God sê vir Habakuk dat Hy die Babiloniërs stuur om Juda te straf, wat nie is wat Habakuk wil hoor nie en dit ontstel hom net verder. Eintlik word nie een van Habakuk se probleme in hierdie ontmoeting met God opgelos nie. Maar tog eindig dit waar Habakuk God loof en prys. Waarom sou Habakuk dit doen? Wanneer Habakuk sy bekommernis na die Here bring, vertroos , verlig en verkwik God Habakuk se siel, wat presies is wat Jesus in Matteus 11:28 beloof om te doen wanneer ons ons bekommernis na Hom bring. Habakuk stort sy hart voor God uit tot hy heeltemal leeg raak en God vul hom dan met genade, met ander woorde met alles wat hy nodig het om die komende uitdagings in die gesig te staar, insluitend ’n gesonde porsie geluk en vrede. Ons hoef nie vir ’n krisis of ’n ramp te wag om hierdie soort gesprek te hê waarin ons absoluut niks terughou nie. Ons kan enige tyd met God praat op hierdie vlak van opregte, intieme vriendskap. Ons kan sommer nou daarmee begin. Hoe meer van onsself ons na God toe bring, hoe meer het Hy om mee te werk. In Sy teenwoordigheid word ons verhouding met Hom versterk, ons geloof word versterk en ons siele vind rus, soos Habakuk ondervind het. Om jou siel voor God uit te stort is ’n dapper gewoonte om aan te leer. Koning Dawid het dit gedoen en God het Dawid ’n man na sy hart genoem (in Handelinge 13:22). Dit neem ware moed om diep te delf, om eerlik met onsself te wees, om ons uitdagings in die gesig te staar, dit na God te bring en voor Hom oop te maak. Maar dis altyd die moeite werd om dit te doen. Ek wonder wat Habakuk sou sê as hy vandag hier was? Hy sou ons waarskynlik reguit laat verstaan het: "Neem al jou bekommernisse na God. Moenie doekies omdraai of maak asof dit nie so erg is nie. Jou opregtheid sal jou nader na God bring en, terwyl Hy vir jou meer wys van wie Hy is, sal jy in geloof groei – dit kan ek jou waarborg."
Day 2

About this Plan

Die Phil Dooley 5-Dag Groei Uitdaging vir Mans

Daar is soveel meer aan manwees verbonde as wat die wêreld ons wil laat glo. In hierdie groei-uitdaging gaan ons kyk na die lewens van ses Bybelse helde en een anti-held. Ons beleef vandag presies dieselfde uitdagings as...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy