YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Onwrikbare Vertroue Deur Joyce MeyerSample

Onwrikbare Vertroue Deur Joyce Meyer

DAY 2 OF 5

Wie kan ek vertrou? Tans is “Jy kan deesdae niemand vertrou nie” ’n alledaagse opmerking wat baie van ons nou en dan in die versoeking kom om te maak. Maar dis nie waar dat niemand betroubaar is nie, en dis gevaarlik om sinies te raak en so te dink. Ek erken geredelik dat dit deesdae moeiliker is om mense te vind wat jy kan vertrou as in enige ander stadium van my lewe wat ek kan onthou, maar ek weier beslis om met ’n hart vol wantroue en agterdog te leef. Ek het besluit om die beste te glo en mense te vertrou, tensy hulle my ’n bepaalde rede gee om dit nie te doen nie. Hierdie besluit is nie geneem op grond van my ondervinding met mense nie. Ek het as sewejarige kind geweet ek kan nie my ouers vertrou nie omdat hulle selfbehep was en my mishandel het. Ek kon ook nie ander familielede by wie ek hulp gevra het vertrou nie, want hulle het geweier om my te help met die swak verskoning dat hulle nie betrokke wou raak nie omdat dit hulle nie aangaan nie. Op 23-jarige ouderdom is ek met Dave getroud en van toe af het ek gereeld begin kerk toe gaan. Omdat ek toe betrokke was by “kerkmense” het ek aanvaar ek kon ek hulle vertrou sonder om seergemaak te word, maar ek is weereens verkeerd bewys. Nie een van ons kan sê dat ons nog nie ander mense seergemaak en teleurgestel het nie, of dat óns nog nie seergemaak en teleurgestel is nie. Ons ervaar die swakheid van die menslike aard persoonlik. Ek probeer nooit doelbewus iemand seermaak nie, maar partykeer doen ek dit. Om in ’n verhouding te wees verg ’n bereidwilligheid om teleurgestel te word en nogtans ’n manier te kry om aan te hou bou aan vertroue pleks daarvan om moed op te gee. Ek het dus besluit om met my oë wawyd oop te vertrou. Dit beteken ek verwag nie dat enigiemand (behalwe God) my nooit sal teleurstel nie. En selfs met God is ek partykeer aanvanklik teleurgesteld as dinge nie gebeur soos ek gehoop het nie. Maar daar is ’n verskil tussen my teleurstelling en God wat my teleurstel. Die oorsprong van my teleurstelling is my eie verwagtings, nie God nie, want die Bybel leer ons God sal niemand teleurstel wat hul vertroue in Hom stel nie (sien Romeine 10:11). Hoewel ons nie altyd mense kan vertrou nie, kan ons God altyd vertrou! Ons hemelse Vader het oor en oor bewys dat Hy vertrou kan word met wat ons aan Hom toevertrou.
Day 1Day 3

About this Plan

Onwrikbare Vertroue Deur Joyce Meyer

Om God te vertrou is een van die wonderlikste maniere om eer aan Hom te betoon. Vertroue is nie ’n verpligting wat ons aan God verskuldig is nie; dit is ’n voorreg wat Hy tot ons beskikking stel. Elke dag van hierdie 5-d...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy