YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Onwrikbare Vertroue Deur Joyce MeyerSample

Onwrikbare Vertroue Deur Joyce Meyer

DAY 1 OF 5

Vertroue bring rus Daar is hopeloos te veel dinge in ons lewe wat aandag verg dat ons aan almal kan dink sonder om oorweldig te voel. God wil ons help, maar solank ons aanhou om alles self te probeer doen, sal Hy nie sy hulp op ons afdwing nie. God bied dikwels vir ons hulp aan deur ander mense te voorsien om ons te help dra aan die laste van die lewe. Ek en Dave het twee seuns wat saam met ons werk in die bediening. God het hulle voorsien om ons te help deur die bestuurslas van ’n groot bediening met ons te deel. Aanvanklik was dit vir ons moeilik om dinge waarvan ons in beheer was aan hulle oor te gee en toe te vertrou. Dit was egter iets wat ons moes doen; later het dit baie rus in ons gemoed en siel gebring. Daar is baie dinge en situasies waaraan ons nie meer hoef te dink nie omdat ons seuns vir ons daarna omsien. Ek kan my tyd bestee aan onderrig gee, skryf, bid, studeer en aan my televisieprogram. Terwyl ek nou hier sit en skryf, is daar baie dinge aan die gang by die bediening waarvan ek nie eens bewus is nie. Ek sien die resultaat en dit is altyd goed, maar ek vertrou my seuns om al die fasette te bestuur wat ons by daardie resultaat bring. ’n Verhouding met God is baie meer as om elke dag Bybel te lees, een keer per week kerk toe te gaan, ’n bydrae in die kollektebordjie te sit en dalk ’n paar goeie dade te doen. Daardie dinge is bloot godsdiens, maar die ryk en wonderlike verhouding wat ons deur geloof in Christus aangebied word, is ’n vennootskap. Hy gee vir ons vermoëns en verwag van ons om dit te gebruik terwyl ons heeltyd op Hom vertrou. Hy is ook gereed om enigiets te hanteer wat ons nie kan hanteer nie. Ek hou daarvan om te sê: “Vertrou God om jou te help om jou bes te doen en vertrou Hom om die res te doen.”
Day 2

About this Plan

Onwrikbare Vertroue Deur Joyce Meyer

Om God te vertrou is een van die wonderlikste maniere om eer aan Hom te betoon. Vertroue is nie ’n verpligting wat ons aan God verskuldig is nie; dit is ’n voorreg wat Hy tot ons beskikking stel. Elke dag van hierdie 5-d...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy