JESAJA 41:19-20
JESAJA 41:19-20 AFR83
Ek sal in die woestyn seders laat groei, doringbome, mirte en olyfbome. Ek sal in die barre wêreld sipresse laat groei saam met platane en denne. Dan sal die mense sien en erken, almal sal begryp en insien dat die Here dit gedoen het, dat die Heilige van Israel dit geskep het.

