1
ROMEINE 8:28
Afrikaans 1983
AFR83
Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.
ប្រៀបធៀប
រុករក ROMEINE 8:28
2
ROMEINE 8:38-39
Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.
រុករក ROMEINE 8:38-39
3
ROMEINE 8:26
Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.
រុករក ROMEINE 8:26
4
ROMEINE 8:31
Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees?
រុករក ROMEINE 8:31
5
ROMEINE 8:1
Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie.
រុករក ROMEINE 8:1
6
ROMEINE 8:6
Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede.
រុករក ROMEINE 8:6
7
ROMEINE 8:37
Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.
រុករក ROMEINE 8:37
8
ROMEINE 8:18
Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.
រុករក ROMEINE 8:18
9
ROMEINE 8:35
Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?
រុករក ROMEINE 8:35
10
ROMEINE 8:27
En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges.
រុករក ROMEINE 8:27
11
ROMEINE 8:14
Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God.
រុករក ROMEINE 8:14
12
ROMEINE 8:5
Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die sondige natuur, maar dié wat hulle deur die Gees laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die Gees.
រុករក ROMEINE 8:5
13
ROMEINE 8:32
Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?
រុករក ROMEINE 8:32
14
ROMEINE 8:16-17
Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid.
រុករក ROMEINE 8:16-17
15
ROMEINE 8:7
Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, is immers vyandskap teen God. Die sondige natuur onderwerp hom nie aan die wet van God nie, dit kan trouens ook nie.
រុករក ROMEINE 8:7
16
ROMEINE 8:19
Die skepping sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie sy kinders is.
រុករក ROMEINE 8:19
17
ROMEINE 8:22
Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting.
រុករក ROMEINE 8:22
គេហ៍
ព្រះគម្ពីរ
គម្រោងអាន
វីដេអូ