1
MATTHÉÜS 7:7
Afrikaans 1933/1953
AFR53
Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
ប្រៀបធៀប
រុករក MATTHÉÜS 7:7
2
MATTHÉÜS 7:8
Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
រុករក MATTHÉÜS 7:8
3
MATTHÉÜS 7:24
Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
រុករក MATTHÉÜS 7:24
4
MATTHÉÜS 7:12
Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.
រុករក MATTHÉÜS 7:12
5
MATTHÉÜS 7:14
Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.
រុករក MATTHÉÜS 7:14
6
MATTHÉÜS 7:13
Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.
រុករក MATTHÉÜS 7:13
7
MATTHÉÜS 7:11
As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!
រុករក MATTHÉÜS 7:11
8
MATTHÉÜS 7:1-2
MOENIE oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
រុករក MATTHÉÜS 7:1-2
9
MATTHÉÜS 7:26
En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met 'n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.
រុករក MATTHÉÜS 7:26
10
MATTHÉÜS 7:3-4
En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!
រុករក MATTHÉÜS 7:3-4
11
MATTHÉÜS 7:15-16
Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!
រុករក MATTHÉÜS 7:15-16
12
MATTHÉÜS 7:17
So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n slegte boom dra slegte vrugte.
រុករក MATTHÉÜS 7:17
13
MATTHÉÜS 7:18
'n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.
រុករក MATTHÉÜS 7:18
14
MATTHÉÜS 7:19
Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
រុករក MATTHÉÜS 7:19
គេហ៍
ព្រះគម្ពីរ
គម្រោងអាន
វីដេអូ