PSALMS 65
65
U laat die mense juig
1Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid. 'n Lied.
2Aan U, o God, kom 'n lofsang toe in Sion:
geloftes moet betaal word 3aan U wat die gebed verhoor.
Na U toe sal alle mense kom 4om hulle skuld te bely.
Ons sondes het ons ingehaal, maar U maak ons daarvan vry.
5Dit gaan goed met die mens vir wie U uitkies
en laat naderkom om in u tempel te bly.
Laat ons die goeie dinge in u huis in oorvloed geniet,
die goeie dinge in u heilige woning.
6In u trou antwoord U ons met kragtige dade,
o God, ons Verlosser,
op wie ook die mense in afgeleë lande
en op verre seë vertrou.
7U is met mag omgewe,
U laat deur u krag die berge vas bly staan;
8U laat die gedruis van die see,
die geraas van die golwe,
die rumoer van die nasies bedaar,
9sodat ook die mense in afgeleë lande
ontsag kry vir die tekens van u mag;
in die ooste en in die weste
laat U die mense juig.
10U sorg vir die land en gee oorvloed,
U maak dit baie vrugbaar.
Die groot riviere is vol water,
U laat die koring welig staan.
Alles is u werk!
11U maak die ploegvore vol water en die kluite nat,
U laat hulle sag word van die reëns,
U laat alles welig groei.
12U kroon die jaar met u goeie gawes.
Waar U ook gaan, is daar oorvloed!
13Daar is volop weiding in die woestyn;
die bulte juig,
14die velde wemel van die kleinvee,
die vlaktes staan vol koring;
hulle juig en hulle sing.
اکنون انتخاب شده:
PSALMS 65: AFR83
هایلایت
به اشتراک گذاشتن
مقایسه
کپی
می خواهید نکات برجسته خود را در همه دستگاه های خود ذخیره کنید؟ برای ورودثبت نام کنید یا اگر ثبت نام کرده اید وارد شوید
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.