PSALMS 54

54
Die Here hou my lewe in stand
1Vir die koorleier: met snarespel. 'n Gedig van Dawid, 2na aanleiding daarvan dat die Siffiete gekom en vir Saul gesê het: Dawid kruip by ons weg.
3Red my deur u mag, o God,
laat aan my reg geskied deur u krag.
4Hoor my gebed, o God,
luister na my woorde,
5want vyande staan teen my op,
geweldenaars soek my lewe,
hulle hou geen rekening met God nie. Sela
6Maar vir my help God altyd,
die Here hou my lewe in stand.
7Laat die onheil wat my teëstanders beplan, op hulleself neerkom.
U is getrou: vernietig hulle.
8Dan sal ek offers aan U bring, selfs meer as wat U vra,
ek sal u Naam loof, Here, want U is goed,
9U het my uit elke benoudheid gered
en my oor my vyande laat triomfeer.

اکنون انتخاب شده:

PSALMS 54: AFR83

های‌لایت

به اشتراک گذاشتن

مقایسه

کپی

None

می خواهید نکات برجسته خود را در همه دستگاه های خود ذخیره کنید؟ برای ورودثبت نام کنید یا اگر ثبت نام کرده اید وارد شوید