PSALMS 28
28
Aan die Here kom die lof toe
1Van Dawid.
Ek roep na U, Here, my Rots,
moet tog nie doof wees vir my nie.
As U bly swyg, sal ek wees soos 'n sterwende.
2Hoor my smeekstem
as ek na U roep om hulp,
as ek my hande in gebed uitsteek na die allerheiligste deel van u tempel.
3Moet my tog nie uitroei saam met die goddeloses,
die mense wat onreg doen nie.
Hulle praat vriendelik met hulle bure,
maar daar is kwaadwilligheid in hulle harte.
4Vergeld hulle volgens hulle dade
en volgens hulle skandelike gedrag.
Vergeld hulle volgens die werk van hulle hande
en laat hulle kry wat hulle verdien,
5want hulle let nie op die dade van die Here
en op die werk van sy hande nie.
Daarom sal Hy hulle afbreek
en nooit weer opbou nie.
6Aan die Here kom die lof toe,
want Hy het my smeekstem gehoor.
7Die Here is my sterkte en my beskermer,
op Hom het ek vertrou.
Hy het my gehelp.
Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied.
8Die Here is 'n sterkte vir sy volk,
'n veilige beskutting vir sy gesalfde.
9Red u volk en seën dié wat aan U behoort;
wees vir hulle 'n herder
en sorg altyd vir hulle.
اکنون انتخاب شده:
PSALMS 28: AFR83
هایلایت
به اشتراک گذاشتن
مقایسه
کپی
می خواهید نکات برجسته خود را در همه دستگاه های خود ذخیره کنید؟ برای ورودثبت نام کنید یا اگر ثبت نام کرده اید وارد شوید
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.