JESAJA 29:15-16
JESAJA 29:15-16 AFR83
Ellende wag vir dié wat dink hulle kan hulle planne diep wegsteek vir die Here, hulle wat besig is om dinge in die donker te doen en dink: wie sien ons? Wie weet van ons? Julle is agterstevoor met alles, asof die pottebakker die klei is. Die maaksel kan mos nie van sy maker sê: “Hy het my nie gemaak nie”; die kleipot kan mos nie van die pottebakker sê: “Hy weet nie wat hy doen nie.”