YouVersion Logo
Search Icon

Job 42

42
Job antwoord die Here
1Job het die Here geantwoord en gesê: 2“Ek weet dat U alles kan doen. Daar is niemand wat u planne kan laat skeefloop as U eers ’n besluit geneem het nie. 3U het gevra: ‘Wie is dit wat my besluite in twyfel trek, maar self niks kennis het nie?’ Dit is ek. Ek het oor dinge gepraat waarvan ek niks weet nie. Hierdie dinge was net te groot vir my klein verstandjie om te verstaan.
4“U het gesê: ‘Luister net ’n slag as Ek praat. Ek het vrae vir jou wat Ek wil hê jy moet antwoord.’
5“Ek het vroeër net gehoor wat ander mense van U sê, maar nou het ek U met my eie oë gesien. 6Ek trek alles terug wat ek gesê het. Om te wys dat ek baie spyt is oor wat ek gesê het, gooi ek grond en as op my kop.”
Die Here doen goeie dinge vir Job
7Toe die Here klaar met Job gepraat het, het Hy vir Elifas, wat van Teman af kom, gesê: “Ek is kwaad vir jou en jou twee vriende, want julle het nie soos Job die waarheid oor My gepraat nie. Job behoort aan My. 8Vat sewe jong bulle en sewe ramme en gaan na Job toe. Gaan offer die diere daar by hom. Maar onthou, dit is vir julle, nie vir hom nie. Job sal vir julle bid. Ek sal sy gebed vir julle aanvaar. Ek sal julle nie straf soos Ek eintlik moet oor die dom goed wat julle gesê en gedink het nie. Job het die waarheid oor My gepraat, julle nie.”
9Elifas, Bildad en Sofar het gedoen wat die Here gesê het hulle moet doen. Die Here het toe na Job se gebed geluister.
10Nadat Job vir sy vriende gebid het, het die Here sy omstandighede verander. Die Here het hom twee keer soveel gegee as wat hy vroeër gehad het. 11Job se familie en vriende het na sy huis toe gekom en hulle het saam met hom geëet. Hulle het vir hom kom sê hoe jammer hulle is oor alles wat die Here hom laat deurmaak het. Hulle het hom getroos en moed kom inpraat. Hulle het ook elkeen vir hom presente gebring. Hulle het vir hom geld en goue ringe gegee.
12Die Here het gesorg dat dit baie beter met Job gegaan het in die tweede deel van sy lewe as in die begin. Hy het nou sommer baie vee gehad. Daar was 14 000 skape, 6 000 kamele, 1 000 spanne osse en 1 000 donkies. 13Hy het ook weer vir Job sewe seuns en drie dogters gegee. 14Hy het die eerste dogter Jemima genoem, die tweede Kesia en die derde een Keren-Puk. 15Job se drie dogters was die mooiste van al die vroue in die hele land. Hulle sou net soos hulle broers erf die dag as hulle pa doodgaan.
16Job het nog 140 jaar geleef. Hy het vier geslagte van sy kinders, kleinkinders en agterkleinkinders gesien. 17Job is as ’n ou man dood. Hy het ’n lang en goeie lewe gehad.

Currently Selected:

Job 42: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy