YouVersion Logo
Search Icon

Job 3

3
Job begin vrae vra
1Toe Job uiteindelik begin praat, wou hy weet hoekom hy ooit gebore is. 2Hy het gesê: 3“Ek moes nooit gebore gewees het nie. Ek moes nooit eens begin bestaan het nie. 4Die dag wat my lewe begin het, is ’n swart dag. God moet Hom nie eens aan dié dag steur nie. Nie eers ’n skrefie lig moet maak dat mense weet van so ’n dag nie. 5Laat donkerte my geboortedag insluk. Laat donker wolke dit toemaak. Die donkerte moet die lig wegdryf. 6Die nag wat my lewe begin het, moet so verdwyn asof daar nooit eers so ’n nag bestaan het nie. Dit moet wees asof daar nooit so ’n dag in ’n spesifieke jaar of maand was nie. Die dag moet nie eers getel word nie. 7Dit sou beter gewees het as ek nooit daardie nag gebore is nie. Niemand moes bly gewees het omdat ek gebore is nie. 8Daar is mense wat weet hoe om vloeke uit te roep. Hulle is die mense wat ook weet hoe om die seemonster op te roep. Laat hulle my geboorte vervloek! 9Mag die môrester glad nie skyn nie. Mag daar niks kom van die hoop dat die dagbreek na die nag sal kom nie. 10Dit is ’n groot jammerte dat ek daardie nag gebore is. Nou sit ek met hierdie groot ellende in my lewe.”
11Job het verder gegaan en gesê: “Hoekom is ek nie doodgebore nie? 12Hoekom het my ma my laat lewe en my versorg? Hoekom het sy my melk gegee om te kon lewe? 13As ek by my geboorte dood is, sou ek nou geslaap het. Ek sou rus en vrede gehad het. 14Ek sou nou saam met belangrike mense soos konings en beroemde leiers gerus het. 15Ek sou gerus het saam met ryk prinse wat huise gehad het met baie goud en silwer in. 16Hoekom was ek nie maar ’n miskraam nie? Dan het ek nooit eers begin lewe nie. 17Slegte mense hou op om kwaad te doen as hulle dood is en moeë mense kry kans om te rus. 18Selfs mense wat gevangenes is, ontspan as hulle dood is. Die bewaarder verskree hulle nie daar nie. 19Daar is ryk en arm mense gelyk. Daar is ’n werker vry van sy baas.
20“Hoekom laat die Here mense lewe wat swaarkry? Hoekom lewe mense wat verbitterd is? 21Hulle wens hulle kan doodgaan, maar dit gebeur nie. Hulle wil so graag doodgaan dat dit erger is as iemand wat fanaties na ’n skat soek. 22Hulle kan nie aan iets dink wat hulle blyer sal maak as om dood en begrawe te wees nie. 23Hoekom moet ’n mens lewe as dit lyk of daar nie ’n toekoms is nie en jy deur God van alles afgesny is? 24Ek sug so baie, dit is soos my kos wat ek eet. Ek leef daarvan. My gekla is soos water wat net aanhou loop. 25Die dinge wat ek nog altyd voor bang was, het nou met my gebeur. 26Ek het nie kalmte en vrede nie. In plaas daarvan dat ek rustig voel, loop alles net verkeerd.”

Currently Selected:

Job 3: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy