YouVersion Logo
Search Icon

Genesis 10

10
Noag se nageslag
1Hier is die nageslag van Noag se drie seuns, Sem, Gam en Jafet; almal wat ná die watervloed gebore is.
2Jafet se kinders was Gomer, Magog, die Mediërs, die Grieke, Tubal, Mesek en Tiras. 3Die nageslag van Gomer was Askenas, Rifat en Togarma. 4Die nageslag van Jawan was Elisa, Tarsis, die Kittiërs en die Rodaners. 5Uit hierdie nageslag van Jafet het al die seevolke ontstaan; elke volk met sy eie taal en kultuur asook sy eie mense.
6Gam se kinders was Kus, Egipte, Put en Kanaän. 7Kus was die pa van Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Rama se kinders was Skeba en Dedan. 8Kus was ook die pa van Nimrod, die eerste groot heerser op aarde. 9Die Here het hom as ’n uitstekende jagter beskou. Vandag nog praat die mense van ’n goeie jagter as iemand soos Nimrod wat deur die Here as ’n uitstekende jagter gesien is.
10Nimrod se magtige koninkryk het uit Babel, Erek, Akkad en Kalne bestaan, almal in Sinar geleë. 11Uit hierdie volke het die Assiriese Ryk gegroei. Nimrod het ook Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou 12asook Resen tussen Nineve en Kalag. Kalag was ’n groot stad.
13Uit Egipte het die Ludeërs, Anammers, Lehabeërs en die Naftoagiete ontstaan. 14Dan was daar ook nog die Patrosane en Kaslugiete asook die Kaftorane, uit wie die Filistyne ontstaan het. 15Kanaän was die pa van Sidon, sy oudste seun, asook Het, 16die Jebusiete, Amoriete, Girgasiete, 17Hewiete, Erekiete, Siniete, 18Arwadters, Semariërs en die mense van Hamat. Later het die Kanaänitiese stamme in verskillende rigtings uitgebrei 19totdat die Kanaänitiese grense gestrek het van Sidon af tot by Gasa in die rigting van Gerar en tot by Lesa in die rigting van Sodom, Gomorra, Adma en Sebojim.
20Hierdie is die nageslag van Gam, ingedeel volgens hulle stamme en volksgroepe, hulle tale en kulture en hulle landstreke.
21Sem het ook ’n hele klomp kinders gehad. Hy was die voorvader van al die Hebreërs. Sy oudste broer was Jafet.
22Sem se nageslag was: Elam, Assirië, Arpaksad, Lud en Aram. 23Die nageslag van Aram was Us, Gul, Geter en Mas. 24Uit Arpaksad is Selag gebore en uit Selag, Heber. 25Vir Heber is twee seuns gebore. Die naam van die een was Peleg, want in sy tyd het die mense oor die hele aarde verdeel geraak. Sy broer se naam was Joktan. 26Uit Joktan is gebore Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag, 27Hadoram, Usal, Dikla, 28Obal, Abimael, Skeba, 29Ofir, Gawila en Jobab. Hulle almal is Joktan se seuns. 30Hulle nedersettings was van Mesa af tot by Sefar in die oostelike bergwêreld.
31Hierdie is dan Sem se nageslag, ingedeel volgens hulle stamme en volksgroepe, hulle tale en kulture asook hulle landstreke.
32Hierdie is al die stamme uit Noag se drie seuns. Hulle is ingedeel volgens die lande waarin hulle gewoon het. Uit hulle het al die nasies van die wêreld ná die oorstroming ontstaan.

Currently Selected:

Genesis 10: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy