PSALMS 63
AFR53
63
Dawid se verlange na God.
1 ’n PSALM van Dawid, #I Sam. 22:5toe hy in die woestyn van Juda was.
2 o God, U is my God, #Jes. 26:9U soek ek; #Ps. 42:3my siel dors na U, my vlees smag na U, in ’n dor en uitgedroogde land, sonder water.
3Só het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien.
4Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys.
5Só sal ek U prys my lewe lank, in u Naam #Ps. 119:48my hande ophef.
6Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe
7as #Ps. 42:9ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.
8Want U was ’n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel.
9My siel is aan U verkleef; u regterhand ondersteun my.
10Maar húlle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom in #Ps. 86:13die onderste plekke van die aarde.
11Hy sal oorgelewer word in die mag van die swaard; die deel van die jakkalse sal hulle word.
12Maar #Ps. 61:7die koning sal bly wees in God; elkeen wat #Deut. 6:13by Hom sweer, sal hom beroem; want #Rom. 3:19die mond van die leuensprekers sal gestop word.

Verskaf met die komplimente van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. © Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Ondersteun ons en word ‘n saaier van hoop.

Learn More About Afrikaans 1933/1953