Parallel
54
Teenoor grimmige vyande.
1VIR die musiekleier; #Ps. 4:1met snaarinstrumente. #Ps. 32:1’n Onderwysing van Dawid,
2 # I Sam. 23:19; 26:1 toe die Sifiete gekom en aan Saul gesê het: Het Dawid hom nie by ons weggesteek nie?
3 o God, verlos my deur u Naam, en doen aan my reg deur u mag!
4 o God, hoor my gebed, luister na die woorde van my mond!
5Want #Ps. 86:14vreemdes staan teen my op, en tiranne soek my lewe; hulle stel God nie voor hul oë nie. Sela.
6Kyk, #Ps. 118:7God is my helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun.
7Hy sal my vyande die kwaad vergelde. Vernietig hulle in u trou!
8 # Núm. 15:3; Ps. 51:14; Hos. 14:4 Vrywillig wil ek aan U offer; ek wil u Naam, o Here, loof, #Ps. 52:11want dié is goed;
9want dié het my uit alle benoudheid gered, en my oog het met welgevalle #Ps. 59:11; 92:12; 112:8; 118:7op my vyande neergesien.