YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 49

49
Die mag van die dood.
1VIR die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.
2 Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld,
3 geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm!
4My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand.
5Ek sal my oor neig tot 'n spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter.
6Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring —
7die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom?
8Niemand kan ooit 'n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie
9(want die losprys van hulle lewe is te kosbaar en vir ewig ontoereikend),
10dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie.
11Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na.
12Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag; hulle noem die lande na hul name.
13Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan.
14Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde 'n behae het. Sela.
15Soos skape word hulle bestem vir die doderyk; die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre; en hulle gestalte is daar vir die doderyk om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie.
16Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela.
17Wees nie bevrees as 'n man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie;
18want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie.
19Al ag hy homself gelukkig in sy lewe — en prys hulle jou, omdat jy aan jouself goed doen —
20tog gaan sy siel na die geslag van sy vaders; tot in ewigheid sal hulle die lig nie sien nie.
21Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan.

Currently Selected:

PSALMS 49: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy