PSALMS 3
AFR53
3
’n Môrelied.
1 ’n PSALM van Dawid #II Sam. 15:14 ens.toe hy gevlug het vir sy seun Absalom.
2 o Here, #II Sam. 15:12 ens.hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op.
3Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela.
4Maar U, Here, is #Gén. 15:1; Ps. 28:7’n skild wat my beskut, my eer en #Ps. 27:6die Een wat my hoof ophef.
5Luid roep ek die Here aan, en Hy verhoor my van #Ps. 2:6sy heilige berg. Sela.
6Ek #Ps. 4:9het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die Here ondersteun my.
7 # Ps. 23:4 Ek sal nie vrees vir tienduisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie.
8Staan op, Here; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek.
9 # Ps. 37:39 Die heil behoort aan die Here; laat u seën wees oor u volk! Sela.

Verskaf met die komplimente van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. © Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Ondersteun ons en word ‘n saaier van hoop.

Learn More About Afrikaans 1933/1953