Parallel
15
Wie mag vertoef in u tent, o Here?
1 ’n PSALM van Dawid.
Here, #Ps. 24:3,4wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op #Ps. 2:6u heilige berg?
2Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart #Sag. 8:16; Efés. 4:25die waarheid spreek;
3 # Ps. 34:14 wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie;
4in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die Here vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie;
5wat sy geld nie gee op #Ex. 22:25woeker #Ex. 23:8en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie.