PSALMS 14
AFR53
14
Goddeloosheid van die mens.
1VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.
# Tot vers 7: Ps. 53:2-7 Die #I Sam. 25:25dwaas sê in sy hart: #Ps. 10:4Daar is geen God nie. #Gén. 6:5,11 ens.Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; #Rom. 3:10 ens.daar is niemand wat goed doen nie.
2Die Here het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar #Rom. 3:10 ens.iemand verstandig is, wat na God vra.
3 # Rom. 3:10 ens. Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie.
4Het al die werkers van ongeregtigheid dan #Ps. 82:5geen kennis nie, die #Miga 3:3wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep die Here nie aan nie.
5Dáár het skrik hulle oorweldig, want God is by die regverdige geslag.
6Die raad van die ellendige — julle kan dit tot skande maak; waarlik, die Here is sy toevlug.
7Ag, mag die verlossing van Israel #Rom. 11:26uit Sion kom! As die Here #Job 42:10die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.

Verskaf met die komplimente van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. © Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Ondersteun ons en word ‘n saaier van hoop.

Learn More about the Afrikaans 1933/1953