PSALMS 13
AFR53
13
Gebedsvertroue van Dawid.
1VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.
2 # Ps. 79:5; 89:47 Hoe lank, Here, sal U my altyddeur vergeet? Hoe lank sal U vir my u aangesig verberg?
3Hoe lank sal ek planne beraam in my siel, met kommer in my hart oordag? Hoe lank sal my vyand hom oor my verhef?
4Aanskou tog, verhoor my, Here, my God! #I Sam. 14:27; Esra 9:8Verlig my oë, sodat ek nie in die dood inslaap nie;
5 # Ps. 38:17 sodat my vyand nie kan sê: Ek het hom oorwin nie, en my teëstanders nie juig as #Ps. 10:6ek wankel nie.
6Maar ek — op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het.

Verskaf met die komplimente van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. © Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Ondersteun ons en word ‘n saaier van hoop.

Learn More about the Afrikaans 1933/1953