Parallel
101
Vir konings en staatsmanne.
1VAN Dawid. ’n Psalm.
Ek wil sing van goedertierenheid en reg; tot u eer wil ek psalmsing, o Here!
2Ek wil ag gee op regskape wandel — #Ps. 119:82wanneer sal U na my kom? Ek #I Kon. 9:4wandel in die #Ps. 78:72opregtheid van my hart, binne-in my huis.
3Ek stel geen lae ding voor my oë nie; die dade van afvalliges haat ek; dié sal my nie aankleef nie.
4 # Spr. 11:20; 17:20 ’n Verkeerde hart moet ver van my af bly; wat kwaad is, wil ek nie #Mt. 7:23ken nie.
5Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal ek #Ps. 94:23vernietig; hy wat hoog van oë is en trots van hart, hom verdra ek nie.
6My oë sal wees op die getroues in die land, dat hulle by my kan woon; hy wat wandel in die weg van opregtheid, dié mag my dien.
7Hy wat bedrog pleeg, mag binne-in my huis nie bly nie; wie leuens praat, kan voor my oë nie bestaan nie.
8Elke môre sal ek al die goddelose van die land vernietig, om al die werkers van ongeregtigheid uit #Ps. 48:9die stad van die Here uit te roei.