YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 102

102
'n Gebed vir Sion.
1 'n GEBED van 'n ellendige as hy beswyk en sy klagte uitstort voor die aangesig van die Here.
2 o Here, hoor my gebed, en laat my hulpgeroep tot by U kom!
3 Verberg u aangesig nie vir my op die dag as ek in benoudheid is nie; neig u oor tot my; op die dag as ek roep, verhoor my gou!
4 Want my dae verdwyn soos rook en my gebeente gloei soos 'n vuurherd.
5Platgeslaan soos die plante en verdor is my hart; want ek vergeet om my brood te eet.
6Vanweë my harde gesug kleef my gebeente aan my vlees.
7Ek is soos 'n pelikaan van die woestyn, ek het geword soos 'n uil op die puinhope.
8Ek is slapeloos en het geword soos 'n eensame voël op die dak.
9Die hele dag smaad my vyande my; die wat teen my raas, gebruik my naam as 'n vloek.
10Want ek eet as soos brood en meng my drank met trane,
11vanweë u grimmigheid en u toorn; want U het my opgehef en my weggewerp.
12My dae is soos 'n skaduwee wat lank geword het, en ek, soos die plante verdor ek.
13Maar U, o Here, U bly tot in ewigheid, en u gedenknaam van geslag tot geslag.
14Ú sal opstaan, U oor Sion ontferm; want dit is tyd om hom genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom.
15Want u knegte het sy klippe lief en het medelyde met sy puin.
16Dan sal die heidene die Naam van die Here vrees en al die konings van die aarde u heerlikheid;
17omdat die Here Sion opgebou het, in sy heerlikheid verskyn het,
18 Hom gewend het tot die gebed van wie ontbloot is, en hulle gebed nie verag het nie.
19Dit sal vir die volgende geslag opgeskrywe word, en die volk wat geskape gaan word, sal die Here loof;
20omdat Hy van sy heilige hoogte neergesien het, die Here uit die hemel op die aarde gelet het,
21om die gekerm van die gevangene te hoor, om los te maak die kinders van die dood;
22sodat hulle in Sion die Naam van die Here kan vermeld en sy lof in Jerusalem,
23as die volke almal saam vergader, ook die koninkryke om die Here te dien.
24Hy het my krag op die weg swak gemaak, my dae verkort.
25My God, sê ek, neem my nie weg in die helfte van my dae nie — u jare is van geslag tot geslag!
26 In die voortyd het U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande.
27 Húlle sal vergaan, maar Ú sal bly; ja, hulle almal sal soos 'n kleed verslyt; U verwissel hulle soos 'n kledingstuk, en hulle verdwyn.
28Maar U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie.
29 Die kinders van u knegte sal woon, en hulle nageslag sal voor u aangesig bly bestaan.

Currently Selected:

PSALMS 102: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy