YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 50

50
Die offer wat jy vir God moet bring
1'n Psalm van Asaf.
Dit is God, God die Here, wat praat.
Hy roep al die mense op die aarde,
Hy roep hulle van waar die son opkom
tot waar die son ondergaan.
2God laat sy lig skyn uit Sion,
die mooiste van al die plekke.
3Ons God kom, Hy bly nie stil nie,
'n vuur brand voor Hom,
en daar is 'n groot storm rondom Hom.
4Hy roep na die hemel daarbo
en na die aarde,
Hy wil sy volk oordeel.
5Hy sê: “Bring bymekaar die mense
wat in My glo,
die mense wat 'n offer gebring het
en wat met My 'n verbond gemaak het.”
6Almal in die hemel sê
dat God reg sal doen aan mense,
want Hy is self die Regter.
Sela
7God sê: “My volk Israel, julle moet luister,
Ek wil praat.
Ek wil getuie wees teen julle.
Ek is God, Ek is julle God.
8Ek wil sê julle doen verkeerd.
Hoekom wil Ek dit sê?
Sê Ek dit omdat julle offers bring,
of omdat julle aanhou om vir My
brand-offers te bring?
Nee.
9Ek vra nie bulle uit julle stalle
of bokke uit julle krale nie,
10want al die wilde diere in die bos
en die diere op duisende berge is Myne.
11Ek ken al die voëls op die berge,
en al die baie diertjies in die veld
behoort aan My.
12Wanneer Ek honger word,
dan sal Ek nie vir julle kos vra nie,
want die wêreld en alles daarop is Myne.
13Ek eet nie die vleis en Ek drink nie die bloed
van die bulle en bokke wat julle offer nie.
14Nee, die offer wat jy vir God moet bring,
is dit: Jy moet vir Hom dankie sê vir alles.
En jy moet doen wat jy belowe het
aan My, die Hoogste God.
15Jy moet tot My bid wanneer dit sleg gaan.
Ek sal jou red, en jy sal My eer.”
16Maar God sê vir die mens wat verkeerd doen:
“Dink jy dat jy reg doen?
Jy sê wat Ek wil hê
en jy praat oor die verbond
wat Ek met julle gemaak het,
17maar jy haat wat Ek vir jou wil leer
en jy doen nie wat Ek sê nie.
18Jy is vriende met elke dief wat jy sien
en jy pleeg ook egbreuk
wanneer ander mense dit doen.
19Jy wil altyd iets sê
wat dit sleg sal laat gaan met iemand anders,
jy vertel leuens oor mense.
20Jy sit en praat teen jou eie broer
en jy beskuldig hom.
21“Jy het al hierdie dinge gedoen,
en toe Ek stilgebly het,
het jy gedink Ek is soos jy.
Maar nou sê Ek vir jou dat jy verkeerd doen,
Ek kyk in jou oë en Ek sê dit reguit vir jou.
22“Julle wat maak of daar nie 'n God is nie,
julle moet asseblief luister na wat Ek sê.
As julle dit nie doen nie,
dan sal Ek word soos 'n leeu
wat vir julle doodbyt,
en niemand sal julle red nie.
23Die belangrikste offer
wat Ek wil hê van die mens wat My eer,
is dat hy vir My dankie moet sê vir alles.
Jy moet dankie sê vir alles.
Wanneer 'n mens reg lewe,
dan sal Ek hom laat sien
hoe dit is wanneer God hom red.”

Currently Selected:

Psalms 50: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy