YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 32

32
Dit gaan goed met 'n mens wanneer die Here hom vergewe
1Van Dawid. 'n Lied.
Dit gaan goed met 'n mens
wanneer die Here hom vergewe dat hy opstandig was,
wanneer die Here hom nie straf oor sy sonde nie.
2Dit gaan goed met 'n mens
wanneer die Here nie sê dat hy skuldig is nie.
Dit gaan goed met 'n mens
wat nie ander mense bedrieg nie.
3Ja, toe ek stilgebly het oor my sondes,
het ek die hele dag gekla en gesug
en ek het maer geword,
4want U het my elke dag en nag gestraf.
Dit het gevoel of daar 'n vuur in my brand.
Sela
5Toe het ek my sonde vir U bely,
ek het nie probeer wegsteek
dat ek verkeerd gedoen het nie,
ek het gesê ek sal vir die Here bely
dat ek opstandig was.
En U het my sonde vergewe.
Sela
6Daarom moet elke mens wat in U glo, tot U bid
wanneer dit met hom sleg gaan.
Dan sal die watervloed hom nie wegspoel nie.
7U beskerm my, U hou my weg van gevaar,
U maak my vry, en ek kan daaroor sing.
8Ek wil vir jou leer en vir jou sê hoe jy moet lewe,
ek wil vir jou raad gee en ek wil kyk wat jy doen.
9Jy moenie soos 'n perd of 'n muil wees
wat dom is nie.
'n Mens moet 'n stang en 'n toom hê
om so 'n dier mak te maak en om hom by jou te hou.
10Dit gaan baie sleg met 'n mens wat verkeerd doen,
maar die Here doen wat Hy belowe het
vir die mens wat in Hom glo.
11Julle almal wat reg lewe, julle moet bly wees,
julle moet juig oor wat die Here gedoen het.
Julle almal wat eerlik lewe, julle moet bly wees en skree.

Currently Selected:

Psalms 32: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy