YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 107

107
Die mense wat vry is, moet vertel dat die Here hulle vrygemaak het
1Julle moet vir die Here dankie sê,
want Hy is goed,
ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
2Die mense wat vry is, moet vertel
dat die Here hulle vrygemaak het,
Hy het hulle vrygemaak,
hulle het nie meer swaargekry nie.
3Hy het hulle bymekaargemaak uit ander lande,
uit die ooste en die weste, die noorde en die suide.
4Party mense het verdwaal in wilde plekke,
hulle kon nie die pad kry na 'n stad
waar mense woon nie.
5Hulle het honger en dors geword,
hulle het amper flou geword.
6Toe dit sleg gaan met hulle,
het hulle geroep en gevra dat die Here hulle moet help,
en Hy het hulle gered, hulle het nie meer swaargekry nie.
7Hy het hulle laat loop op 'n gelyk pad
om by 'n stad te kom waar mense woon.
8Hulle moet vir die Here dankie sê
omdat Hy doen wat Hy belowe het,
omdat Hy wonderwerke doen vir mense.
9Hy gee vir mense wat dors is,
genoeg om te drink,
Hy laat honger mense lekker eet,
meer as genoeg.
10Party mense het in die donker gesit,
in pikdonker plekke.
Hulle was gevangenes,
hulle vyande het hulle vasgemaak met yster-boeie.
Dit het sleg gegaan met hulle.
11Hoekom?
Omdat hulle opstandig was
teen God en wat Hy gesê het,
omdat hulle nie wou doen
wat die Hoogste God vir hulle gesê het nie.
12Hulle het swak geword, want hulle moes baie hard werk,
en wanneer een van hulle geval het,
dan het niemand hom gehelp nie.
13Toe dit so sleg gaan met hulle,
het hulle geroep en gevra dat die Here hulle moet help,
en Hy het hulle gered, hulle het nie meer swaargekry nie.
14Hy het hulle laat uitkom uit die donker,
uit die pikdonker plekke,
Hy het hulle kettings gebreek.
15Hulle moet vir die Here dankie sê
omdat Hy doen wat Hy belowe het,
omdat Hy wonderwerke doen vir mense,
16want Hy het koperdeure gebreek
en ysterslotte stukkend geslaan.
17Party mense was dwaas,
hulle het swaargekry omdat hulle opstandig was,
omdat hulle verkeerd gelewe het.
18Hulle het naar geword, hulle kon niks eet nie,
hulle was naby die dood.
19Toe dit so sleg gaan met hulle,
het hulle geroep en gevra dat die Here hulle moet help,
en Hy het hulle gered, hulle het nie meer swaargekry nie.
20Hy het gepraat en hulle gesond gemaak,
Hy het hulle gered voordat hulle gesterf het en in die graf was.
21Hulle moet vir die Here dankie sê
omdat Hy doen wat Hy belowe het,
omdat Hy wonderwerke doen vir mense.
22Hulle moet vir Hom dank-offers bring,
hulle moet sing en vertel wat Hy gedoen het.
23Party mense het met skepe op die see geseil,
hulle het hulle werk gedoen op die groot water.
24Hulle het self gesien wat die Here doen,
hulle het sy wonderwerke gesien op die diep see.
25Toe Hy praat, het daar 'n stormwind gekom,
en die branders was baie groot.
26Die skepe het hoog opgegaan op die branders
en dan het hulle weer afgesak in die diep water.
Dit het sleg gegaan met die mense,
hulle het baie bang geword.
27Hulle het soos dronk mense
geloop en geval.
Hulle was goeie matrose,
maar hulle het nie geweet wat om te doen nie.
28Toe dit so sleg gaan met hulle,
het hulle geroep en gevra dat die Here hulle moet help,
en Hy het hulle gered, hulle het nie meer swaargekry nie.
29Hy het die stormwind stilgemaak,
en die branders het klein geword.
30Die mense was bly omdat die see stil geword het.
Die Here het hulle gelei na die hawe
waar hulle wou wees.
31Hulle moet vir die Here dankie sê
omdat Hy doen wat Hy belowe het,
omdat Hy wonderwerke doen vir mense.
32Hulle moet in die volksvergadering sê
die Here is groot,
hulle moet Hom prys in die vergadering
van die leiers van die volk.
33Hy verander waterstrome,
en dit word 'n woestyn,
Hy verander plekke waar daar fonteine is,
en dit word droë grond.
34Hy laat vrugbare grond onvrugbaar word.
Hoekom?
Hy doen dit omdat die mense wat daar woon,
slegte dinge doen.
35Hy verander woestyne, en dit word damme water,
Hy verander droë grond, en dit word water-fonteine.
36Hy laat die mense wat honger was,
daar woon, en hulle bou 'n stad
waar hulle kan woon.
37Hulle saai koring en hulle plant wingerde,
en hulle kry baie koring en druiwe.
38Die Here seën hulle, en hulle kry baie kinders,
die Here laat ook hulle diere baie word.
39Die mense was min en hulle het swaargekry,
dit het sleg gegaan met hulle
omdat mense hulle verdruk het.
40Toe het die Here die belangrike mense verneder.
Hy het hulle laat verdwaal in plekke
waar niemand woon nie en waar daar nie 'n pad is nie.
41Maar Hy het die mense vrygemaak
wat niks gehad het nie,
hulle het nie meer swaargekry nie.
Hy het hulle nageslag so baie laat word
soos skape en bokke.
42Mense wat eerlik lewe, sien dit
en hulle word bly,
maar almal wat verkeerde dinge doen, moet stilbly.
43 Wyse mense moet oor hierdie dinge dink,
hulle moet onthou dat die Here altyd weer
doen wat Hy belowe het.

Currently Selected:

Psalms 107: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy