YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke 5

5
'n Slegte vrou is gevaarlik
1My kind, jy moet luister
na die wysheid wat ek het,
jy moet hoor wanneer ek vir jou sê
wat ek weet.
2Dan sal jy weet wat die regte ding is
om te doen,
en jy sal altyd weet wat om te sê.
3Dit is belangrik, want 'n slegte vrou
se woorde is so soet soos heuning
en so glad soos olyf-olie.
4Maar later is sy so bitter soos wilde-als,
en so gevaarlik soos 'n swaard wat skerp is.
5As jy saam met haar gaan,
dan gaan jy na die dood,
sy lei jou na die doderyk.
6Sy dink nie aan die pad van die lewe nie,
sy weet nie waar sy loop nie.
7Kinders, daarom moet julle luister na my,
julle moenie ongehoorsaam wees nie.
8Jy moet wegbly van die slegte vrou,
jy moenie naby haar huis se deur kom nie.
9As jy na haar toe gaan, dan gee jy vir 'n ander mens
iets wat vir jou kosbaar moet wees,
jy gee jou beste jare vir 'n wrede mens.
10Vreemde mense sal al die dinge kry
waarvoor jy gewerk het.
Die goed wat joune geword het
omdat jy baie hard gewerk het
en swaargekry het,
sal in 'n ander mens se huis kom.
11Wanneer jy naby jou dood is,
dan sal jy lê en huil en kla,
want dan sal jy 'n baie siek mens wees.
12Dan sal jy sê:
“Hoekom wou ek nie leer nie?
Hoekom het ek gedink dat wysheid
nie belangrik is nie?
13Ek wou nie luister na die mense
wat vir my geleer het nie,
ek wou nie hoor wat hulle sê nie.
14Nou gaan dit baie sleg met my,
hier by die vergadering van die mense
wat my oordeel.”
15Jy moenie ontrou wees aan jou vrou nie,
jy moet wees soos iemand
wat sy eie put se water drink,
jy moet die strome water drink
wat uit jou eie fontein kom.
16Jy sal nie die water, die strome uit jou fonteine,
buite laat wegloop op die oop stukke grond nie.
17Dit moet net jóú water wees,
nie ander mense se water ook nie.
18Jou eie fontein se water
moet genoeg wees vir jou,
dit moet vir jou lekker wees by jou eie vrou.
19Sy is so pragtig soos 'n takbok,
so mooi soos 'n klipbok.
Jy moet dit altyd geniet
om haar teen jou vas te druk,
jy moet vir haar so lief wees
dat dit vir jou sal wees soos 'n droom.
20My seun, hoekom wil jy dom dinge doen
by 'n slegte vrou?
Hoekom wil jy 'n vrou wat nie jou vrou is nie,
omhels en teen jou vasdruk?
21Die Here sien hoe 'n mens lewe,
Hy kyk of 'n mens reg lewe.
22Die sondes van 'n mens wat verkeerd doen,
is soos 'n vangnet, dit vang hom.
Sy sondes is soos toue wat hom vasdraai.
23Die mens wat verkeerd doen, sterf
omdat hy nie wou leer nie,
hy verdwaal omdat hy dom gebly het.

Currently Selected:

Spreuke 5: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy