YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke 4

4
Julle moet luister wanneer julle pa vir julle leer
1Kinders, julle moet luister
wanneer julle pa vir julle leer,
julle moet luister,
sodat julle kan weet wat om te doen,
2want dit is goeie dinge wat ek vir julle leer,
julle moet aanhou doen wat ek vir julle sê.
3Want ek was ook voorheen 'n kind,
ek was jonk, en my ouers was lief vir my.
4Toe het my pa vir my ook geleer.
Hy het gesê:
“Jy moet onthou wat ek vir jou sê,
jy moet dit doen, sodat jy kan aanhou lewe.
5Jy moet wysheid kry, jy moet verstandig word,
jy moenie vergeet nie,
jy moenie ophou om te doen wat ek vir jou sê nie.
6As jy die wysheid nie los nie,
dan sal dit vir jou wagstaan,
as jy lief is vir die wysheid,
dan sal dit jou beskerm.
7As jy regtig slim wil word,
dan moet jy wysheid kry,
jy moet ook verstandig word,
saam met al die ander dinge wat jy kry.
8As jy hou van die wysheid,
dan sal dit jou 'n belangrike mens maak.
As jy wys dat jy lief is vir die wysheid,
dan sal mense jou respekteer.
9Die wysheid sal soos 'n mooi kransie wees,
soos die kroon van 'n koning op jou kop.”
10My kind, jy moet luister,
jy moet doen wat ek vir jou sê,
dan sal jy baie lank lewe.
11Ek het vir jou geleer om te loop
op die pad van die wysheid,
ek het jou gelei op reguit paaie.
12As jy op hierdie paaie loop,
dan sal jou voet nie vashaak nie,
en wanneer jy hardloop,
dan sal jy ook nie val nie.
13Jy moet vashou aan wat ek vir jou leer,
jy moenie dit los nie,
jy moet dit doen, want dan sal jy waarlik lewe.
14Jy moenie op die pad loop van mense
wat verkeerd doen nie,
jy moenie saam met slegte mense loop nie.
15Jy moet daardie pad los,
jy moenie daarop loop nie,
jy moet wegdraai en jy moet op jou eie pad loop.
16Daardie mense kan nie slaap
as hulle nie verkeerd gedoen het nie,
hulle bly wakker as hulle nie sonde gedoen het nie.
17Hulle hou daarvan om verkeerd te doen
en om mense seer te maak,
dit is vir hulle so lekker
soos om te eet en te drink.
18Maar mense wat reg doen,
se pad is soos die oggendlig,
dit word meer en meer helder
totdat dit dag is.
19Mense wat verkeerd doen,
se pad is soos die donker,
hulle weet nie waaroor hulle sal val nie.
20My kind, jy moet luister wanneer ek praat,
jy moet luister na wat ek sê.
21Jy moet altyd onthou wat ek vir jou sê,
jy moenie dit vergeet nie,
22want elkeen wat doen wat ek sê,
sal aanhou lewe,
en hy sal 'n gesonde mens wees.
23Jy moet baie versigtig wees wat jy dink,
meer versigtig as met ander dinge,
want as jy reg dink, dan sal jy aanhou lewe.
24Jy moenie leuens vertel nie,
jy moenie mense bedrieg nie.
25Jy moet reguit vorentoe kyk,
jy moet weet waarnatoe jy gaan.
26Jy moet op die reguit pad loop,
dan sal jy seker wees waarnatoe jy loop.
27Jy moenie wegdraai van die reguit pad nie,
jy moenie regs of links draai nie,
jy moet wegbly van alles wat verkeerd is.

Currently Selected:

Spreuke 4: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy