YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke 3

3
Jy moet vir God vra om jou te lei
1My seun, jy moenie vergeet
wat ek vir jou leer nie,
jy moet onthou wat ek vir jou sê,
2want dan sal jy lank lewe
en dit sal goed gaan met jou.
3Jy moet altyd doen wat jy belowe het,
jy moet jou belofte hou
en dit nie verander nie,
jy moet dit jou hele lewe lank onthou,
jy moet dit nooit vergeet nie.
4Dan sal God en die mense van jou hou,
en dit sal goed gaan met jou.
5Jy moet met jou hele hart glo
dat God jou altyd sal help,
jy moenie dink dat jy self weet
wat om te doen nie.
6Jy moet vir God vra om jou te lei
in alles wat jy doen,
dan sal Hy jou altyd lei.
7Jy moenie dink jy het die wysheid nie,
jy moet die Here dien
en jy moenie verkeerd doen nie.
8Dan sal jy heeltemal gesond bly
en jy sal elke dag nuwe krag kry.
9Jy moet die Here respekteer en Hom dien
met alles wat jy het,
met die beste van alles wat jy bymekaarmaak.
10Dan sal jou stoorkamers heeltemal vol wees,
en daar sal so baie wyn wees
dat jou parskuipe oorloop.
11My seun, die dinge wat die Here vir jou leer,
moet vir jou belangrik wees,
jy moenie opstandig wees wanneer Hy jou straf nie,
12want Hy straf jou omdat Hy lief is vir jou,
Hy doen dit soos 'n pa wat lief is vir sy kind.
13Dit gaan goed met die mens wat wysheid gekry het,
met die mens wat verstandig geword het,
14want om wysheid te kry, is beter
as om silwer en goud te kry.
15Wysheid is meer kosbaar as koraal.
Baie dinge is vir jou kosbaar,
maar niks is so kosbaar soos die wysheid nie.
16Die wysheid gee vir jou 'n lang lewe.
Jy sal ook ryk word, en mense sal jou respekteer.
17Iemand wat wysheid het, geniet die lewe,
en dit gaan goed met hom.
18Wysheid is soos 'n boom.
As jy vashou aan die wysheid,
dan hou jy vas aan 'n boom wat lewe gee.
Die mens wat aan die wysheid vashou,
is 'n gelukkige mens.
19Die Here het wysheid en verstand,
Hy het die aarde en die hemel gemaak.
20Hy het geweet wat om te doen,
Hy het fonteine uit die diep water laat stroom
en Hy het die wolke vol water gemaak.
Jy moet met ware wysheid lewe
21My kind, jy moet met ware wysheid lewe,
jy moenie ophou om verstandig te wees nie.
22As jy met wysheid lewe,
dan sal jy 'n lang en 'n mooi lewe hê.
23Dan sal jy veilig loop op jou pad deur die lewe
en jy sal nie jou tone stamp nie.
24Jy sal dan nie bang wees
om te gaan slaap nie,
jy sal gaan lê en jy sal lekker slaap.
25Jy moenie bang wees dat dit skielik
sleg sal gaan met jou nie.
Wanneer die stormwinde begin waai
oor die mense wat verkeerd doen,
dan moet jy nie bang wees
dat hulle ook oor jou sal waai nie.
26Want die Here sal by jou wees,
Hy sal keer dat jou voet nie vassit
in 'n vangstrik nie.
27Wanneer jy iemand moet help
en jy kan dit doen, dan moet jy nie wag nie.
28As jy dadelik kan help, dan moet jy dit doen.
Jy moenie sê: “Gaan eers terug en kom môre weer,
dan sal ek jou help” nie.
29Wanneer iemand naby jou is en hy voel veilig,
dan moet jy nie sit en dink wat jy kan doen
sodat dit sleg kan gaan met hom nie.
30Wanneer iemand onskuldig is
en hy het niks sleg gedoen aan jou nie,
dan moet jy nie sê dat hy skuldig is nie.
31Jy moenie probeer om te wees soos iemand
wat ander mense altyd wil seermaak en doodmaak nie.
32Want die Here haat slegte mense,
maar mense wat reg lewe, is sy vriende.
33Die Here vervloek die huisgesin van die mens
wat verkeerd doen,
maar Hy seën die huisgesin van die mens
wat reg lewe.
34Wanneer mense dink dat hulle
vir ander mense kan spot,
dan spot die Here vir húlle.
Wanneer mense weet dat hulle nie
hulleself kan help nie,
dan is die Here goed vir hulle.
35Wanneer iemand wysheid het,
dan sal mense hom respekteer,
maar mense wat dwaas is,
sal meer en meer dinge doen
waarvan mense nie hou nie.

Currently Selected:

Spreuke 3: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy