YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke 23

23
Wanneer jy by iemand eet
1Wanneer jy gaan sit om saam
met 'n belangrike amptenaar te eet,
dan moet jy aanhou kyk na die kos wat voor jou is.
2En as jy honger is, dan moet jy nie baie eet nie,
3jy moenie van sy lekker kos wil hê nie,
die lekker kos sal jou verkeerde dinge laat doen.
4Jy moenie aanhou werk net om ryk te word nie,
jy moet verstandig wees
en nie net ryk wil word nie.
5Rykdom kan baie gou verdwyn,
want dit kry vlerke en dit vlieg weg soos 'n arend.
6Jy moenie by 'n suinige mens gaan eet nie,
jy moenie sy lekker kos wil hê nie,
7want hy sit en dink hoeveel jy eet, dit is wat hy doen.
Hy sê vir jou jy moet eet en drink,
maar hy wil nie regtig hê dat jy dit moet doen nie.
8Jy sal naar word van die bietjie kos wat jy eet,
en dit sal niks help dat jy vriendelik
met hom gepraat het nie.
Jy moet goed verstaan wat ek vir jou wil leer
9Jy moenie vir 'n dwaas iets probeer leer nie,
hy sal dink jou verstandige woorde is nie belangrik nie.
10Jy moenie grense verander wat van lank gelede daar is nie,
jy moenie weeskinders se grond vat nie,
11want hulle Losser is die Here, Hy is sterk,
Hy sal die Regter wees wat oordeel
en sê wie is reg.
12Jy moet goed verstaan wat ek vir jou wil leer,
jy moet luister na wat ek vir jou sê:
13Jy moenie bang wees om vir 'n kind te leer nie,
want as jy hom straf, dan sal hy reg grootword
en nie sterf nie.
14Wanneer jy hom straf,
dan red jy hom van die doderyk.
15My seun, as jy wysheid kry,
dan sal ek baie bly wees.
16Dit sal vir my lekker wees
wanneer jy die regte dinge sê.
17Jy moenie soos die sondaars wil wees nie,
jy moet aanhou om die Here te respekteer en te dien,
18want dan sal dit met jou goed gaan
in die tyd wat later kom
en jy sal kan aanhou lewe.
19My seun, jy moet luister sodat jy wysheid kan kry
en sodat jy kan weet hoe om reg te lewe.
20Jy moenie saam met mense wees
wat te veel wyn drink en te veel vleis eet nie,
21want mense wat altyd dronk is
en mense wat altyd te veel eet, word arm,
en al hulle klere is stukkend.
22Jy moet luister na jou ouers, ook wanneer hulle oud is,
jy moenie dink hulle is dan nie meer belangrik nie.
23Jy moet soek na waarheid, jy moet dit nie los nie,
jy moet wysheid kry, jy moet leer en verstandig word.
24'n Pa voel baie gelukkig en bly
as hy 'n seun het wat reg lewe en wat wysheid het.
25Ek hoop jou ouers sal bly en gelukkig wees oor jou.
26My seun, jy moet verstaan wat ek vir jou sê,
jy moet kyk hoe ek lewe en jy moet ook so lewe,
27want 'n prostituut, 'n slegte vrou,
is soos 'n diep en nou gat waarin jy kan val.
28Sy lê en wag vir jou soos 'n dief,
sy laat baie mans ontrou word.
29Wie is dit wat kla en sug, wie is dit wat twis?
Wie is dit wat aanhou praat, wat seerkry
maar hy weet dit nie?
Wie het rooi oë?
30Dit is mense wat sit en drink tot dit laat is,
mense wat aanhou proe aan drank.
31Jy moenie na die wyn kyk wanneer dit rooi is
en blink in die beker nie,
die wyn wat jy so lekker sluk.
32Wanneer jy die wyn klaar gedrink het,
dan pik hy soos 'n slang
en hy spoeg gif soos 'n kobra.
33Dan sien jy dinge wat jy nie ken nie
en jy dink deurmekaar dinge.
34Dit voel of jy in die middel van die see lê,
dit voel of jy op 'n seilskip se maspaal lê,
35en jy dink: Hulle het my geslaan,
maar ek het nie seergekry nie,
hulle het my gestamp,
maar ek het dit nie geweet nie.
Jy dink: Wanneer word ek wakker?
Ek wil nog wyn gaan soek om te drink.

Currently Selected:

Spreuke 23: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy