YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke 19

19
Arm wees en ryk wees
1Dit is beter om arm te wees en eerlik te lewe
as om mense te bedrieg
en ook 'n dwaas te wees.
2Dit is nie goed om dinge te probeer doen
as jy nie weet hoe nie.
As jy te haastig is, dan sal jy foute maak.
3Wanneer 'n mens dwaas is,
dan doen hy verkeerde dinge,
en dan sê hy dit is die Here se skuld.
4Wanneer iemand ryk is, dan het hy baie vriende,
maar wanneer iemand arm is,
dan sal die een vriend wat hy het, hom ook los.
5'n Vals getuie sal sy straf kry,
iemand wat lieg, sal nie vry wegkom nie.
6Daar is altyd baie mense wat wil hê
dat 'n belangrike persoon hulle vriend moet wees,
as iemand presente weggee, dan wil almal sy vriend wees.
7'n Arm mens se broers hou nie van hom nie,
nie een van sy broers nie,
sy vriende hou ook nie van hom nie,
sy vriende bly ver weg van hom.
Wanneer die arm man met hulle wil praat,
dan is hulle nie daar nie.
8Iemand wat wil leer om verstandig te wees,
is lief vir sy lewe,
dit gaan goed met iemand wat verstandig bly.
9'n Vals getuie sal sy straf kry,
iemand wat lieg, sal sterf.
10'n Mens dink nie dat 'n dwaas
lekker sal lewe nie,
dit is nog meer verkeerd dat 'n slaaf
oor leiers regeer.
11'n Verstandige mens word nie gou kwaad nie,
hy hou daarvan om nie iemand anders se foute
te sien nie.
12Wanneer 'n koning kwaad is,
dan moet jy vir hom so bang wees
soos vir 'n leeu wat brul.
Wanneer die koning vriendelik is,
dan is hy so goed vir jou soos dou
op gras.
13'n Kind wat dwaas is, laat dit sleg gaan met sy pa.
Wanneer 'n vrou aanhou kla, dan is dit soos wanneer
water aanhou drup deur die dak van 'n huis.
14Jy erf 'n huis en rykdom van jou voorvaders,
maar dit is die Here wat vir jou 'n verstandige vrou gee.
15'n Lui mens wil nie ophou slaap nie,
daarom het hy nie genoeg om te eet nie.
16Iemand wat doen wat die Here wil hê,
sal aanhou lewe,
iemand wat dink dit is nie belangrik om reg te lewe nie,
sal sterf.
17Wanneer iemand goed is vir 'n arm mens,
dan is dit dieselfde soos om vir die Here
geld te leen.
Die Here sal alles aan hom terugbetaal.
18Jy moet jou kind reg grootmaak,
want dan sal hy reg lewe,
jy moenie hom laat sterf
omdat jy nie gedoen het wat jy moes doen nie.
19Iemand wat gou kwaad word,
moet sy boete self betaal.
As jy hom een maal help,
dan sal jy dit weer en weer moet doen.
20As jy luister na wat mense vir jou sê
en as jy leer van hulle,
dan sal jy later self wysheid hê.
21'n Mens kan baie planne hê,
maar dit wat die Here besluit, sal gebeur.
22'n Mens kan aanhou doen
wat hy graag wil doen,
maar dit is beter om 'n arm mens te wees
as om 'n mens te wees wat lieg.
23Iemand wat die Here respekteer
en Hom dien, sal aanhou lewe,
hy sal genoeg eet en lekker slaap.
Niks wat sleg is, sal met hom gebeur nie.
24'n Lui mens steek sy hand in die kosbak,
maar hy is te lui om sy hand terug te bring
na sy mond.
25As jy 'n pak slae gee vir iemand wat altyd wil spot,
dan sal 'n ander jongmens wat baie min weet, iets leer.
As jy vir 'n verstandige mens sê hoe hy moet lewe,
dan sal hy nog meer verstandig word.
26Dit is baie lelik wanneer 'n kind slegte dinge doen
aan sy ouers en hy jaag hulle weg,
'n mens moet skaam wees daaroor.
27My seun, as jy aanhou om nie te leer nie,
dan sal jy altyd dom bly.
28'n Getuie wat 'n slegte mens is,
spot wanneer mense reg wil doen.
Iemand wat verkeerd doen,
sê dinge wat mense slegte dinge laat doen.
29Mense wat altyd wil spot, sal hulle straf kry,
dwase sal 'n pak slae kry.

Currently Selected:

Spreuke 19: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy