YouVersion Logo
Search Icon

Matteus 28

28
Jesus lewe weer
(Ook Mark 16:1-2,5-8; Luk 24:1-10; Joh 20:1-2,16-17)
1Die Sabbatdag was verby. Toe dit die Sondag-oggend begin lig word, het Maria Magdalena en die ander Maria na die graf gaan kyk. 2Skielik was daar 'n groot aardbewing, want 'n engel van die Here het afgekom uit die hemel. Hy het na die graf gegaan, die klip weggerol en op die klip gaan sit. 3Hy het geblink soos weerlig en sy klere was so wit soos sneeu. 4Die soldate wat die graf opgepas het, het groot geskrik. Hulle het gebewe en hulle het geword soos mense wat dood is. 5Die engel sê toe vir die vroue: “Julle moenie bang wees nie. Ek weet julle soek vir Jesus wat gekruisig is. 6Hy is nie hier nie, want Hy lewe weer. Hy het gesê dit sal gebeur. Kom kyk, hier is die plek waar Hy gelê het. 7Gaan gou en sê vir sy dissipels Hy lewe weer. Dit is wat sal gebeur: Jesus gaan voor julle na Galilea, en julle moet ook gaan. Julle sal Hom daar sien. Dit is wat ek vir julle moes kom sê.”
8Die vroue het gou weggegaan van die graf. Hulle was bang en baie bly en hulle het gehardloop om dit vir die dissipels te vertel. 9Skielik het Jesus daar voor hulle gestaan en Hy het vir hulle gesê: “Ek groet julle!”
Die vroue kom toe na Jesus toe. Hulle het aan sy voete geraak en Hom aanbid. 10Jesus het vir hulle gesê: “Moenie bang wees nie. Gaan sê vir my vriende dat hulle na Galilea moet gaan. Hulle sal My daar sien.”
Die soldate vertel wat gebeur het
11Die vroue het gegaan om te doen wat Jesus gesê het. Party van die soldate wat die graf opgepas het, het toe ook na Jerusalem gegaan. Hulle het vir die priesterleiers gaan vertel wat alles by die graf gebeur het. 12Die priesterleiers en die familieleiers het toe bymekaargekom en hulle het planne gemaak. Hulle het baie geld vir die soldate gegee 13en vir hulle gesê: “Julle moet vir die mense sê: ‘Jesus se dissipels het in die nag sy liggaam kom steel terwyl ons geslaap het.’ 14As die goewerneur dit hoor, dan sal ons vir hom sê julle is onskuldig. Julle moenie bekommerd wees nie.”
15Die soldate het toe die geld gevat en hulle het gedoen wat die Joodse leiers vir hulle gesê het. Die Jode vertel tot vandag toe nog hierdie storie wat die soldate oral vertel het.
Jesus sê wat sy dissipels moet doen
16Die elf dissipels het na Galilea gegaan, Jesus het gesê hulle moet daar na 'n berg gaan. 17Toe hulle vir Jesus sien, het hulle voor Hom gekniel en Hom aanbid. Hulle het dit gedoen, maar hulle was nie heeltemal seker dat dit Jesus was nie. 18Jesus het na hulle toe gekom en vir hulle gesê: “God het gesê Ek moet regeer oor alles in die hemel en op die aarde. 19Daarom moet julle gaan en julle moet die mense van al die volke my dissipels maak. Julle moet hulle doop in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. 20Julle moet vir hulle leer om gehoorsaam te wees aan alles wat Ek vir julle gesê het. En onthou: Ek is altyd by julle, tot die einde van die wêreld.”

Currently Selected:

Matteus 28: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy