1
Matteus 28:19-20
Bybel vir almal
ABA
Daarom moet julle gaan en julle moet die mense van al die volke my dissipels maak. Julle moet hulle doop in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Julle moet vir hulle leer om gehoorsaam te wees aan alles wat Ek vir julle gesê het. En onthou: Ek is altyd by julle, tot die einde van die wêreld.”
Compare
Explore Matteus 28:19-20
2
Matteus 28:18
Jesus het na hulle toe gekom en vir hulle gesê: “God het gesê Ek moet regeer oor alles in die hemel en op die aarde.
Explore Matteus 28:18
3
Matteus 28:5-6
Die engel sê toe vir die vroue: “Julle moenie bang wees nie. Ek weet julle soek vir Jesus wat gekruisig is. Hy is nie hier nie, want Hy lewe weer. Hy het gesê dit sal gebeur. Kom kyk, hier is die plek waar Hy gelê het.
Explore Matteus 28:5-6
4
Matteus 28:10
Jesus het vir hulle gesê: “Moenie bang wees nie. Gaan sê vir my vriende dat hulle na Galilea moet gaan. Hulle sal My daar sien.”
Explore Matteus 28:10
5
Matteus 28:12-15
Die priesterleiers en die familieleiers het toe bymekaargekom en hulle het planne gemaak. Hulle het baie geld vir die soldate gegee en vir hulle gesê: “Julle moet vir die mense sê: ‘Jesus se dissipels het in die nag sy liggaam kom steel terwyl ons geslaap het.’ As die goewerneur dit hoor, dan sal ons vir hom sê julle is onskuldig. Julle moenie bekommerd wees nie.” Die soldate het toe die geld gevat en hulle het gedoen wat die Joodse leiers vir hulle gesê het. Die Jode vertel tot vandag toe nog hierdie storie wat die soldate oral vertel het.
Explore Matteus 28:12-15
Home
Bible
Plans
Videos