YouVersion Logo
Search Icon

Levitikus 2

2
Koring-offers
1Die Here het vir Moses gesê: “Wanneer iemand vir My 'n koring-offer wil gee, dan moet hy vir die Here van die beste meel gee. Hy moet olyf-olie oor die meel gooi en hy moet wierook bo-op sit. 2Dan moet hy dit bring na die priesters van die nageslag van Aäron. Die priester moet 'n handvol meel neem saam met party van die olyf-olie en al die wierook. Dit is die deel wat die Here moet kry, en die priester moet dit op die altaar verbrand. Dit is 'n vuur-offer, dit ruik lekker vir die Here. 3Die deel van die koring-offer wat oorbly, behoort aan Aäron en sy seuns. Dit is die hoog-gewyde deel van die vuur-offers vir die Here.
4“Wanneer die persoon 'n koring-offer wil gee wat hy in 'n oond gebak het, dan moet hy die beste meel gebruik. Dit moet ongesuurde rondebrood wees wat hy met olyf-olie geknie het, of ongesuurde roosterkoek waarop hy olyf-olie gesmeer het.
5“Wanneer jy 'n koring-offer wil gee wat jy op 'n bakplaat gebak het, dan moet jy die beste meel gebruik wat jy met olyf-olie geknie het, en daar moenie suurdeeg by wees nie. 6Jy moet die brood in stukke breek en olyf-olie daaroor gooi. Dit is 'n koring-offer.
7“Wanneer jy 'n koring-offer wil gee wat jy in 'n bakpan gebak het, dan moet jy die beste meel gebruik en jy moet dit meng met olie. 8Jy moet die koring-offer bring wat jy só vir die Here gaargemaak het. Jy moet dit vir die priester gee, en die priester moet dit op die altaar offer. 9Uit die koring-offer moet die priester die deel neem wat die Here moet kry en hy moet dit op die altaar verbrand. Dit is 'n vuur-offer, dit ruik lekker vir die Here. 10Die deel van die koring-offer wat oorbly, behoort aan Aäron en sy seuns. Dit is 'n hoog-gewyde deel van die vuur-offers vir die Here. 11Jy moenie suurdeeg of heuning sit in 'n koring-offer wat jy vir die Here gee nie, want julle mag nie suurdeeg of heuning verbrand in 'n vuur-offer vir die Here nie. 12Julle mag suurdeeg of heuning vir die Here gee. Dit is dan 'n offer van julle beste dinge. Maar dit mag nie op die altaar kom nie, dit sal nie vir die Here lekker ruik nie. 13Jy moet sout gooi op al jou koring-offers. Jy moenie vergeet om sout by jou koring-offers te sit nie. Die sout is die teken van die verbond met jou God. Jy moet sout gee saam met al jou koring-offers.
14“Wanneer jy vir die Here 'n koring-offer gee van die koring wat jy eerste afgesny het, dan moet dit vars koring wees wat jy gebraai of gestamp het. Jy moet dit gee, dit is die koring-offer uit die eerste koring wat jy afgesny het. 15Jy moet olyf-olie daarby sit en jy moet wierook bo-op sit. Dit is die koring-offer. 16Die priester moet dan die deel van die vars koring en olyf-olie verbrand saam met al die wierook, dit is die deel wat die Here moet kry. Dit is 'n vuur-offer vir die Here.”

Currently Selected:

Levitikus 2: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy